Wednesday, 19 January 2011

38. Wat 'n wonderlike projek!

Die Universe werk darem op amazing maniere. Net gister vertel ek julle dat ek vreeslik graag weer wil hekel, en vanoggend kry ek 'n "blog alert" van Sarah London se blog. Sarah vra dat ons granny squares moet hekel en vir haar stuur sodat sy dit in komberse kan verander om te gee vir al die mensies in Queensland wat deur die vloede hul besittings verloor het.

Dis so 'n nice gesture, en die perfekte ding om my weer my gat in rat te laat kry.

As jy ook wil deel wees van haar "Crochet a Rainbow" projek, kliek hier.

Tuesday, 18 January 2011

37. Constant Craving

Ek wil net sê ek weet dat ek vreeslik lanklaas gehekel het, en dus ook vreeslik lanklaas geblog het, maar in my hart hook ek elke dag. Dis 'n Constant Craving soos waarvan K.D. Lang sing. Maar daar is net nie tyd en krag in die aande na werk vir hekel, en ek het ook nie eens die afgelope paar naweke kans gekry nie. Ek wil so graag kreatief wees en ek is mal oor hekel, maar my lyf kan net nie die energie bymekaar skraap om hekelpen en bolletjie wol op te tel nie. Dis seker maar die koue winter weer en vroeg donker wat my in hibernation mode sit.

Die laaste hekel was my wrist warmers, en dit was nog voor Kersfees! 'n Hele maand gelede! My wonderlike broer het by ons gekuier van Kersdag tot 2 Januarie, so in daai tyd wou ek net tyd saam met hom spandeer en van 8 - 15 Januarie was ons met vakansie in Miami Florida. Snaaks genoeg het ek nie my hekelwerk saam geneem nie want ek het gedink ek sal nie wil hekel nie - totally die teenoorgestelde! Terwyl ek in ons hotelkamer gesit het met 'n uitsig oor die see, wou ek soveel keer hekel maar helaas, die granny squares was by die huis.


Ek hoop en vertrou dat ek hierdie naweek, terwyl die wasmasjien woer en spin met die (hopelik) laaste bondel vakansie wasgoed, lekker sal kan sit en hekel want ai, ek mis dit! Ek werk tans aan 'n granny square oopknoop truitjie! Die kleure is pragtig, dis my gunsteling granny squares en ek maak die ontwerp vir die trui op soos ek aangaan, so dis regtig net soos speel. Om net daaroor te blog maak my happy!

O, voor ek vergeet. As "Susan" hierdie inskrywing lees, kan jy my asseblief jou epos adres stuur? Ek het gecomment op jou comment op die heel eerste inskrywing op die blog, maar jy het dit miskien gemis. Ek benodig net jou epos adres, dan sal ek vir jou 'n patroon stuur vir 'n gehekelde blommetjie.

Tot later dan hooky maters. Hopelik het ek een van die dae 'n gehekelde ietsie om vir julle te wys!

Sunday, 12 December 2010

36. Polsagtig

Die afgelope twee weke was die flippin koud hier by ons. Minus 2, sneeu en Siberiese winde koud! My groen wol handskoentjies lyk vreeslik mooi maar die arme outjies kon nie my warm hou nie, so toe koop ek vir my Thermolite fleece handskoene, sommer so op eBay. 'n Beautifull teal en 'n diep roop - teal om te pas by my winter jas, en rooi om te pas by my rooi cowl. Die handskoene is heerlik warm, maar hulle maak nie my polse so lekker toe nie. Ek het mos vreeslike lang vingers (letterlik) so 'n "one size fits all" handskoentjie is bietjie kort.

Volgens my is daar egter geen probleem wat nie met 1)  'n bekertjie tee en/of  2) 'n hekelpatroon gefix kan word nie.  Earl Grey flavoured Rooibos (my gunsteling tee - dankie DragonFly teas!) in die hand gaan loer ek op Ravelry en kry sommer baie vinnig 'n wrist warmer patroon - Kalurah se "Ruffled Cufflette". Dis mos perfek vir my penarie want ek soek nie nuwe handskoene nie, ek soek net 'n manier om my polse warm te hou. Die patroon is 'n gratis Ravelry download, so as jy nie deel is van Ravelry nie, email my net en ek sal die pdf vir jou epos.

Ek het alreeds 'n beautifull teal Stylecraft DK wol gehad wat perfek gewerk het. Dit was super vinnig en super maklik om te hekel. Ek het een halfpad gehekel op die trein!

Ek moes natuurlik 'n ou knopie by werk vir die mooi. Julle weet mos. Elkeen het drie knopies - 'n donker pers, steen kleur en rooi, maar ek het die donker pers en rooi afgewissel op elk. 

Hulle eerste test run was na ons gunsterling kwekery vir tea & scones. Dit was 'n reuse sukses!


Friday, 3 December 2010

35. Twinkle twinkle little hooky star

Kan julle glo dis alweer amper Kersfees?! Dit voel soos noudie dag wat ek die sirkel versierings vir ons kersboom klaar gemaak het! How time flies when you're having fun, hey?

Met die terugkyk op die foto's van verlede jaar se boom, lyk dit skielik vir my so bietjie vaal. So asof dit nog 'n hang dingetjie nodig het. Wat dink julle?

Ek dink 'n ietsie granny square-erig sal die ding doen, en wat beter as 'n granny sterretjie soos uitgedink deur The Royal Sisters. (Soos gewoonlik is daar 'n link direk na die patroon op die "tab" aan die bokant van die bladsy.)
Ek het dit vreeslik geniet om hulle te maak - 'n plesierige paar uur op die sitkamer rusbank.






Sodra die Kersboom staan, en die outjies hang, sal ek weer 'n foto neem vir julle. Aan die Suidelike Halfrond lesers: geniet die sonskyn, en aan die Noordelike Halfrond lesers: geniet die sneeu!


Saturday, 13 November 2010

34. Cowl jou hier, cowl jou daar en siedaar!

Raai wie het nou ook op die Cool Cowl bandwagon geklim. John! Yup, my man het gevra dat ek vir hom ook een moet hekel want "dis so anders".  Die enigste voorvereiste was dat dit grys moes wees. Ek het probeer druk vir 'n mooi helder blou, maar hy soek grys. Choose your battles en so nê. Ek was net happy om vir hom iets te kon hekel! Die patroon wat ek gebruik het was sooooo maklik (dis aan die regterkant van die bladsy saam met al die ander links). Dit het my regtig net 2 ure geneem om die hele cowl te hekel. Jy gebruik Super Chunky wol (ek het Stylecraft Super Chunky Life in Charcoal gebruik) en 'n no. 10 hekelpen so dit gaan vreeslik vinnig.



So vinnig dat ek vir myself ook een kon hekel dieselfde dag! Myne is Sirdar Big Softie se Cherry Pie.


 Terwyl ek hekel het ek natuurlik die cowl nou en dan oor my kop getrek om te sien of als darem mooi sit, en dit doen, maar ek het gedink ek kan daarop verbeter. Sien, die ding met 'n cowl is jy kan dit mos nie styf trek om jou keel soos 'n serp nie, so as hy nie reg lê nie kom die koue Engelse wind so bietjie in. Ek het toe maar halfpad deur die cowl die stekies begin verminder sodat dit dunner word hoe langer dit word, en dus stywer sit om jou nek. Die cowl het begin met 'n ketting van 55 steke, maar teen die einde was John s'n 48 steke, en myne 44 steke. Nou sit dit heerlik knus en behoede die wind wat wil in.



Hier is Twidle Dee en Twiddle Dum met hul matching cowls. Mens kan sien ons is al lank getroud, dit pla ons nou nie meer om bietjie dieselfde te lyk nie.





En 'n cowl is perfek vir crime fighting (or committing) in die Winter. Hands up of ek steek jou met my hekelpen!


Ek wil nog net een ding oor ons cowls sê: Holy cowl maar dis mooi!

Monday, 1 November 2010

33. 'n Grannie ommie nek

If you haven't guessed already, ek is bietjie dol oor granny squares. Ek vind dit extreem gaaf en schattig (dankie Annemarie's Breiblog vir die oulike Hollandse sêgoedjies).  Volgens my kan mens nooit genoeg grannies hekel nie, so toe ek afkom op Fanalaine se Granny Cowl op Ravelry het ek bietjie uitgefreak en amper in my broek gepiepie. Dis so 'n slim idee, en so ek!

Kyk, ek vrek ook mos oor 'n serp en het nou heelwat. Ek kan seker elke dag vir 2 weke lank 'n ander serp om my nek draai maar nes grannies, voel ek mens kan nooit genoeg serpe hê nie. (Come to think of  it, twee weke se voorraad van serpe is nie naastenby genoeg vir die 6 maande van die jaar wat dit so bliksems koud is in Engeland dat ek 'n serp nodig het nie....)  As dit grys en donker en nat is buite, wil ek nie ook nog verveeld raak met 'n dowwe eentonige ou serpie nie. As ek stasie toe stap, of huis toe stap in, wat voel soos, die middel van die nag help daai helder kleure om my nek vreeslik baie.

Fanalaine se Granny Cowl is egter nog beter as 'n serp. Nie net is dit gemaak van Grannies nie (yeah), daar is nie twee los punte soos met 'n serp nie. Dis een groot "loop" wat jy om jou nek draai. Ek kan dit selfs twee keer om my nek kry en een keer oor my kop sodat dit my ore ook kan warm hou.  Die cowl laat my dink aan 'n groot stuk cozy juweliersware. Totally prakties, warm en anderste!

Die wolle wat ek gebruik het vir die een is 'n mix van 100% wol (die middelste 2 rondtes van elke granny asook die rand), 100% katoen (die groen en pers) en chenille (die ligpienk). Dis vir my amazing hoe die groen net so perfek werk saam met die ander wolle. Briljant!






A cowl is the new black according to me. Hoekom serpe dra as jy kan cowls dra?! Wanneer my huidige projek klaar is (watch this space) dink ek ek sal sommer nog 'n cowl maak. 'Cause I can.


32. Sondagoggend

Dis hoe Sondagoggend in die King huishouding lyk. Oats pap, Paddy die iPad en hekelwerk in die bed. Sooo heerlik!



 

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...