Friday 6 August 2010

29. Dis nou 'n slim kar!

Ek is mal oor 'n Smart car. John wou al vele keer vir my ene koop, maar al wat ons keer, is dat die outjies so bietjie lig in die broek lyk vir ry op 'n snelweg. Maar hulle is sooo oulik! Vanoggend sien ek hierdie op 'n hekelwebsite se nuusbrief, en nou's ek 100 miljoen keer meer opgewonde oor 'n Smart car:



Kyk net daai granny squares op die deure! En die strepies dak! I want one!!!!
Die vrou wat gehekel het, is 'n kunstenaar, Magda Sayeg. Lees haar blog hier. Die kar is deel van haar tentoonstelling by Rome se Il Lusso Essenziale, “an arts festival that celebrates the rediscovery of the extraordinary nature of everyday life”.
As ek so 'n Smart car het sal my everyday life, beslis omskep word in iets extraordinary!
Smart car + kreatief + hekel = ek wil een hĂȘ!

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...