Sunday 25 September 2011

89. Surbiton Festival 2011

My stalletjie by gister se Surbiton Festival het heel goed gegaan. Julle kan als lees, en foto's sien, op my Engelse blog: 

http://crochetime.wordpress.com/2011/09/24/surbiton-festival-2011/



Thursday 22 September 2011

88. Nog 'n markie

Saterdag gaan ek en manlief weer 'n craft market stalletjie beman.

Op my Engelse blog vertel ek so bietjie meer.
http://crochetime.wordpress.com/2011/09/21/another-market-stall/

Hou asseblief duim vas dat hierdie een 'n groter sukses is as die vorige markie.

Tuesday 20 September 2011

87. Nog wol

Wol koop op die internet is sooo nice. Hierdie pakkie het vanoggend opgedaag (ek het dit Sondagaand gekoop). Drie bolle om die Identiteitskrisis kombers aan te vul en drie bolle vir kniekombersies waarmee ek besig is vir Huis Uitsig in Parow-Noord. 



Al ding is nou net, die ses kleure lyk vir my baie nice saam! Ek hoop maar daar bly 'n bietjie van als oor om annerdag ietsie anders te hekel.
  

Monday 12 September 2011

86. Blokke vir Yade Uitreik Aksie

Ek is vroeer hierdie week deur 'n OnsHekel Facebook page fan, Nellie Wessels, genader vir hulp om mense bymekaar te kry wat blokke sal hekel of brei, vir die Yade huise vir bejaardes en gestremdes in Bloemfontein. Ek het onmidellik gesê ek sal help.

Tussen hierdie blog en die OnsHekel Facebook page, is ek seker daar is baie van julle wat ook sal wil brei en hekel vir Yade. Is mos. Nê.  Ag toe, kom sit 'n handjie by. Yade doen sulke wonderlike werk! Ons wat kan hekel en brei sommer net vir die lekkerte kan mos gerus bietjie share-the-love.

Yade is 'n nie-winsgewende geregistreerde (NPO 068-445) welsynsorganisasie. Yade Uitreik Aksie is in Mei 2008 gestig deur drie dames met 'n visie om bejaardes te versorg. Yade is ‘n Tuiste vir bejaarde en gestremde persone en nie 'n shelter nie.

Die inwoners van Yade Tuistes is welopgevoede bejaarde en gestremde persone wat weens die huidige ekonomiese omstandighede nie meer eie verblyf en voedsel uit die klein pensioen of staatstoelae kan bekostig nie. Dit is die doel van Yade om vir diesulke bejaardes en gestremdes ‘n heenkome te bied.

Daar is op die oomblik nege huise in Bloemfontein en Yade bied ook 'n dagkliniek aan. Gaan kyk bietjie op hulle website. Jy kan ook die storie lees oor hoe die drie Direkteure Yade begin het, en die fantastiese werk wat hulle doen.

Nou wat kan ons doen? Dis so maklik soos 10cm x 10cm of 20cm x 20cm blokke te hekel of  te brei. Dis dit! Die inwoners van die huise sal self die blokke aanmekaar werk om komberse te maak (dis goed vir hand-oog koördinasie, en ook 'n goeie tydverdryf as hulle die blokke self aanmekaar werk), so al wat ons hoef te doen is die blokke verskaf.

Vereistes:
  1. Dubbeldraad
  2. 10cm x 10cm of  20cm x 20cm vierkante
Die res is up to you. Verskillende steke, een kleur, verskeie kleure, dit kan selfs 'n granny square wees - absoluut enige iets. Net solank dit 10cm x 10cm of 20cm x 20cm is. Gryp die 200 Crochet Blocks boek of kyk op MyPicot vir hekelsteke. Die textured afdeling het 21 steke om uit te kies, en multi-colour het 12 - lekker baie te kies en te keur.  Net solank jou blokkie 10cm x 10cm of 20cm x 20cm is en dis gedoen in dubbeldraad is ons happy.

Dink net hoe pragtig sal daai komberse uitdraai met die mengelmoes van kleure en patrone en dan nog gebrei en gehekel deurmekaar!!

Jy kan soveel of so min blokke maak as wat jy wil. Wanneer jy reg is om dit te pos, stuur dit na:

Me. A. Coetzee of  Me. A. Griessel
Yade Juan Smith Huis
Fleurstraat 3
Wilgehof
Bloemfontein
9301

Ek het sommer alreeds, in die geloof, 'n Ravelry groep gestig genaamd "Squares for Yade Caring Action". Al die info in die groep is in Engels sodat ons so veel mense as moontlik kan lok, maar as jy nie op Ravelry is nie kan jy die OnsHekel Facebook page gebruik om foto's te laai en te vertel van julle Yade Blokke.

Hoe meer mense hoe beter, so spread the word (veral aan jou brei buddies) en begin blokke maak!!

85. Naweek dinge

Ons het 'n bietjie in die tuin gewerk: http://crochetime.wordpress.com/2011/09/12/weekend-planting/

en ek het bietjie gehekel: http://crochetime.wordpress.com/2011/09/12/weekend-hooking/  hierdie naweek.

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...