Hello almal! Ons het 'n Ta-daaaah oomblik vandag, maar dis so bietjie versteek in 'n langnaweek in Cornwall blog inskrywing.... Die blog gaan mos eintlik oor my hekelwerk, maar toe dog ek ek kan nie vir julle my tweede floating wrap wys, sonder om vir julle te vertel dat die foto's in Cornwall geneem is. Ek het ook my twee blom borsspelde aangehad hierdie naweek, so daar is regtig hekel dinge betrokke (al is dit nou 90% Cornwall en 10% floating wrap), julle gee mos nie om nie.;-)
So... eerste dinge eerste.
Ta-daah!!!!! My tweede floating wrap is klaar. Is die kleure nie amazing nie?! Die wol is Gedifra Fiorista Fino katoen in shade 06328. Dis die DK weergawe van die blom borsspeldjies se Aran Gedifra wol. Dit was sooo lekker om daarmee te hekel want dis 'n avontuur om te sien watter kleur volgende is.
Ek gaan julle nie verveel met 'n "day by day" vertelling van ons hele langnaweek nie, want die foto's sal al die praatwerk doen. Ek moet julle egter net gou ietsie amazing vertel van hoe die Universe vir mens sorg.
Ongeveer 'n jaar gelede het ek via 'n Briste vrou se blog uitgevind van
Janet Bell. Sy is van Wallis, en skilder die kleurvolste, mooiste, vrolikste Engelse dorpies. Ek sou baie graag 'n print of 'n skildery van haar werk wou hê, maar ons huisie is maar klein en die muurspasie min so daar is nie plek nie. Wat ek toe wel koop is 'n stel van vier "window view" coasters. Ongelukkig bestaan die stelletjie nie meer op haar website nie, so hier is 'n foto daarvan. Ek is liries hieroor! Die mooiste een van die vier - heel bo links - kies ek toe vir my bedkassie. Julle weet, vir die oggend koffie en aand teetjie om op te staan.
Ek belowe julle, hand on heart, dat ek nie geweet het wat of waar daai eilandjie in die prentjie is nie. Maar nou weet ek dis
St. Michael's Mount in Marazion..... want dis waar ons B&B was!!!!!!!!!!!!! Ek het ons B&B gevind deur op Visit Cornwall se
website te gaan, en onder die "Penzance and Land's End" area gaan soek vir 'n plek wat 'n kamer het vir hierdie naweek, binne ons budget. Dis regtig hoe ek op
Blue Horizon B&B afgekom het - totally onbewus van St. Michael's Mount wat net oorkant die pad sit, en dat jy net by die Mount kan kom vanaf Marazion! Eers toe ek daai aand my beker tee op my bedkassie sit, val als in plek. Is dit nie amazing nie?!
Ek het vir 'n jaar lank elke dag die coaster gesien en gedink hoe vreeslik mooi dit is, en hierdie naweek was ek daar!
Voor ek vir julle al die foto collages wys, moet ek net noem dat Cornwall, in fact die hele Engeland, nie regtig altyd so grys is nie. Dit was net 'n bietjie bad luck dat die eerste reëns sedert Aprilmaand hierdie naweek geval het. Gaan kyk bietjie op google images hoe mooi al die plekke regtig kan lyk. Tik net 'n pleknaam in, en julle sal sien dat dit pragtig, stunning, beautiful is in hierdie geweste.
So, hier is ons naweek foto's:
Daar het julle dit nou. My tweede wrap is klaar! Onwards and upwards na die volgende projek (en volgende vakansie want ons is volgende naweek in Corfu!) Ek sal my hekelwerkies saam neem sodat ek 'n blog inskrywing oor Corfu op die hekel blog kan regverdig ;-)