Showing posts with label Ta-daah. Show all posts
Showing posts with label Ta-daah. Show all posts

Wednesday, 1 June 2011

66. Ta-daaah en bietjie (okay baie) Cornwall


Hello almal! Ons het 'n Ta-daaaah oomblik vandag, maar dis so bietjie versteek in 'n langnaweek in Cornwall blog inskrywing.... Die blog gaan mos eintlik oor my hekelwerk, maar toe dog ek ek kan nie vir julle my tweede floating wrap wys, sonder om vir julle te vertel dat die foto's in Cornwall geneem is. Ek het ook my twee blom borsspelde aangehad hierdie naweek, so daar is regtig hekel dinge betrokke (al is dit nou 90% Cornwall en 10% floating wrap), julle gee mos nie om nie.;-)

So... eerste dinge eerste.

Ta-daah!!!!! My tweede floating wrap is klaar. Is die kleure nie amazing nie?! Die wol is Gedifra Fiorista Fino katoen in shade 06328. Dis die DK weergawe van die blom borsspeldjies se Aran Gedifra wol. Dit was sooo lekker om daarmee te hekel want dis 'n avontuur om te sien watter kleur volgende is.


Ek gaan julle nie verveel met 'n "day by day" vertelling van ons hele langnaweek nie, want die foto's sal al die praatwerk doen. Ek moet julle egter net gou ietsie amazing vertel van hoe die Universe vir mens sorg.

Ongeveer 'n jaar gelede het ek via 'n Briste vrou se blog uitgevind van Janet Bell. Sy is van Wallis, en skilder die kleurvolste, mooiste, vrolikste Engelse dorpies. Ek sou baie graag 'n print of 'n skildery van haar werk wou hê, maar ons huisie is maar klein en die muurspasie min so daar is nie plek nie. Wat ek toe wel koop is 'n stel van vier "window view" coasters. Ongelukkig bestaan die stelletjie nie meer op haar website nie, so hier is 'n foto daarvan. Ek is liries hieroor! Die mooiste een van die vier - heel bo links - kies ek toe vir my bedkassie. Julle weet, vir die oggend koffie en aand teetjie om op te staan.

 

Ek belowe julle, hand on heart, dat ek nie geweet het wat of waar daai eilandjie in die prentjie is nie. Maar nou weet ek dis St. Michael's Mount in Marazion..... want dis waar ons B&B was!!!!!!!!!!!!! Ek het ons B&B gevind deur op Visit Cornwall se website te gaan, en onder die "Penzance and Land's End" area gaan soek vir 'n plek wat 'n kamer het vir hierdie naweek, binne ons budget. Dis regtig hoe ek op Blue Horizon B&B afgekom het - totally onbewus van St. Michael's Mount wat net oorkant die pad sit, en dat jy net by die Mount kan kom vanaf Marazion! Eers toe ek daai aand my beker tee op my bedkassie sit, val als in plek. Is dit nie amazing nie?!



Ek het vir 'n jaar lank elke dag die coaster gesien en gedink hoe vreeslik mooi dit is, en hierdie naweek was ek daar!

Voor ek vir julle al die foto collages wys, moet ek net noem dat Cornwall, in fact die hele Engeland, nie regtig altyd so grys is nie. Dit was net 'n bietjie bad luck dat die eerste reëns sedert Aprilmaand hierdie naweek geval het. Gaan kyk bietjie op google images hoe mooi al die plekke regtig kan lyk. Tik net 'n pleknaam in, en julle sal sien dat dit pragtig, stunning, beautiful is in hierdie geweste.

So, hier is ons naweek foto's:







  





 




Daar het julle dit nou. My tweede wrap is klaar! Onwards and upwards na die volgende projek (en volgende vakansie want ons is volgende naweek in Corfu!) Ek sal my hekelwerkies saam neem sodat ek 'n blog inskrywing oor Corfu op die hekel blog kan regverdig ;-)

Tuesday, 3 May 2011

61. Floating on a doilie

Ons het 'n ta-daaaah oomblik vandag! My Floating Wrap is klaar, en ek het hom al drie keer (very proudly)gedra. Maar eers wil ek julle wys hoe ek hom geblok het.

Dis nogal 'n groot affêre om plat neer te lê, so die koffietafel moes uit die pad, en ek moes maar mooi trap in die sitkamer terwyl hy daar gelê het.  


Hier kan julle sien wat 'n verskil die blok gemaak het.  Is dit nie amazing hoeveel mooier die blomme lyk na hulle geblok is nie?! Totally die wydsbeen sit en mooi mik om by die voordeur te uit, werd.


En nou vir die moment of truth: my wrap! Ek is baie baie mal oor hom. Dis so nice om iets te dra wat ek self gemaak het. En dis die naaste wat ek nog gekom het aan 'n kledingstuk hekel. Dis mos nie regtig 'n toppie of trui nie, maar dis darem nie net 'n serp nie. Ek love it!


Ek love dit soveel, dat ek die dag na ek my wrap klaar gemaak het, dadelik begin het aan die tweede een! Hierdie keer is dit 'n kleurvolle saak... 'n pers, groen, teal, ligblou, beige saak.

Hier is 'n lusmakertjie:

Julle sal nie lank hoef te wag vir die Ta-daaah blog inskrywing vir die tweede meneer nie, want ek hekel hom vreeslik vinnig. Ek is net te vrek nuuskierig om te sien wat die volgende stukkie kleur is in die "self striping yarn"! Spoed van lig sê ek julle!

Kleurvolle hekel groete,

Thursday, 28 April 2011

60. Blommetjie gedenk aan my

So, dis die drie dae tussen Paasnaweek en die Royal Wedding-Summer Bank Holiday en die kantoor is dood, dood, dood stil. As ek kon het ek by my lessenaar gesit en hekel maar helaas. Gelukkig is een van my base steeds met kraamverlof so haar kantoor is myne om te gebruik tussen een en twee. Gistermiddag het ek rustig daar gesit en 'n blom borsspeld gehekel! 'n Halfuur jobbie - lekker instant gratification.

Die wol wat ek gebruik is is Gedifra Fiorista, in skakering 5376. Dis 'n Aran, self striping wol van 88% katoen, en 12% polyester. Dit hekel vreeslik lekker, en baie vinnig! Ongelukkig het my eerste blom nie so kleurvol uitgekom soos ek gehoop het nie. Ons het sooo goed begin, maar teen die tyd wat dit gekom het by blomblaartjies vorm, het die wol besluit om te hou by pers. So dit lyk nou eintlik net na 'n gewone pers blom.

Ek sal maar net moet seker maak dat ek die blaartjies mooi uitsprei, of ek kan natuurlik net nog 'n blom hekel.... wat ek gisteraand inderdaad gedoen het!

Maar voor die blom by die huis in 'n borsspeld verander is, het ek hom as 'n rekenaarskerm versiering gebruik (die hakspeldjie was toe mos nog nie aangewerk nie). My rekenaarskerm lyk vir my so parmantig met die skewe blommetjie. Ek kon nie altyd die rooi X of die "File" knoppies sien nie, maar wie worry.


Hier is albei blomme, pragtig langs mekaar. Natuurlik sal elkeen afsonderlik baie mooi lyk, maar in my opinie is "less" definitief nie "more" as dit kom by hekel nie!
 


Sien julle wat ek bedoel met die een blom is net pers? Die boontste een wys darem hoe oulik die self striping yarn is.

Die patroon vir hierdie mooie borsspelde kom uit die "Inside Crochet" tydskrif Februarie 2011. Die ontwerper beveel 'n Rowan chunky wol en 5.5 hekelpen aan, maar ek het met my Aran 'n no.5 pen gebruik. Ek is seker die patroon sal net so lekker werk, en die blom bietjie kleiner wees, in 'n DK met 'n no. 4 hekelpen. Die eerste rondte is 'n magic ring, en dit was 'n first vir my ook. Hierdie link wys jou presies hoe om 'n magic ring te maak: http://carinascraftblog.wardi.dk/2010/07/crochet-magic-ring-tutorial.html

Dit raak mos nou koud in Suid-Afrika, en so 'n blomme borsspeld (of drie) sal pragtig lyk op 'n trui of 'n jas... ek sê maar net. Use it, don't use it. ;-)

Sunday, 3 April 2011

57. Ta-daaaaah

Dis klaar! Skoonsus se kussings is klaar!!!! 12 Maart het ek die eerste Waterlily begin hekel, en vanmiddag 11:14 die laaste draadjie geknip.  Kyk net hoe vro(u)lik:





Van die 7de Februarie, toe ek met Boeta se kussings begin het, tot 3 April was ek regtig nonstop besig om te hekel. In die trein, by die werk, na werk en naweke. 72 blokke later (ja, my no.4 hekelpennetjie het 72 blokke gehekel in minder as 2 maande!) is dit als verby. Dit was 'n lekker projek, veral omdat die kussings verrasings is vir familie wat vêr bly. Ek het dit ook vreeslik geniet om die 9 blokke vir elke sy uit te pak, rond te skuif en dan weer ander kant om te skuif totdat ek gelukkig is met die "look". All in all, was dit 'n lekker projek, maar nou.... nou is ek nogal verlig dis verby. Ek kan nou bietjie brieke aandraai met die spoed waarteen ek haak. Stadig(er) oor die klippetjies van nou af.

Net nog een laaste dingetjie wat ek wil sê: ek dink die kussings lyk bleddie mooi! So mooi dat hierdie nie die laaste haak van 'n Waterlily blok was nie  - my sitkamer stoel soek definitief twee Waterlily kussings van sy eie....



Saturday, 12 March 2011

52. Ta-daah!

My broer se twee kussings is klaar!!! Gisteraand 20:33 het ek die die laaste knopie vasgewerk. Dit beteken ek het net bietjie meer as 'n maand lank gewerk aan die 36 blokke. Dit beteken ook ek het bietjie minder as 'n maand oor om my skoonsuster se 36 blokke te maak! Gelukkig is 18 van haar blokke almal dieselfde ontwerp en teen blok no.3 het ek gewoonlik die patroon gememoriseer, so ek hoop en vertrou haar kussings sal vinniger gaan.

Terug na Boeta se kussings.


Die voorkant van die Rooierige Kussing bestaan uit:
3 x Circle in Square
3 x Criss Cross
3 x Catherine Wheel
Die agterkant is 9 x Lacy Cross.

Die voorkant van die Oranjerige Kussing bestaan uit:
5 x Begonia (of soos John dit noem, die Alien Landingstrip)
2 x Mesh Fantasy
2 x Edwardian Fancy
Die agterkant is 9 x Big Round.

Dink julle nie die oranje knope is absoluut perfek nie? Ek het dit nogal op eBay gekoop van alle plekke!


Albei kussings se voorkant blokke is gemaak met 'n ligte grys randjie as die laaste rondte, al moes ek die patroon bietjie aanpas om dit reg te kry. Ek het ook 'n single crochet (kortbeen) randjie reg rondom die groot vierkant gehekel want ek moes mos die lussies vir die knoopsgate maak. Die agterste blok het nie 'n ekstra randjie gekry nie.

Vir blog doeleindes het ek die kussings bo-oor twee van my wynrooi sitkamer kussings getrek sodat ek foto's kon neem, maar my broer het vir hom twee oranje kussings by Mr. Price Home gekoop, so die eindproduk gaan bietjie anders lyk. Ek kon net nie wag tot volgende maand om te sien hoe klaar kussings op 'n rusbank sal lyk nie! Met 'n oranje kussing wat deur die gaatjies loer, sal hulle heeltemal anders lyk. Veral die agterkant van Die Rooi kussing wat net bruin en rooi is - so bietjie oranje in die agtergrond sal die "kruis" van die Lacy Cross baie mooi afshow.

Dit was regtig vreeslik lekker om al die blokke te maak. Ek het aspris soveel blok patrone as moontlik gekies (en kloooomp keer van plan verander). Ek moes die heeltyd in gedagte hou dis vir 'n man so ek kon nie vreeslik blommerig of "lacey" gaan nie. Die kleur kombinasie is ook 100% gemik op hom. Sy gunsteling kleurekombo is oranje & grys, en sy huis dekor is okers en diep rooie, so dit was eintlik heel logies om die vyf kleure saam te sit. Ek was bietjie skrikkerig oor die grys en bruin saam, maar ek dink omdat die oranje, rooi en bruin so goed bymekaar pas, die grys regtig net 'n soort neutrale agtergrond is. En indien julle wonder, ja ek weet daai oranje is 'n neon oranje - dis so helder, dis seker sigbaar vir die Marsmannetjies!

Volgende op die to do list is my skoonsuster se Waterlilly blokke. Haar kleur kombinasie kon nie meer anders wees nie, as wou dit. Wil julle 'n voorsmakie hê? Huh, wil julle? Okay, hier is 'n prentjie wat ek gister by die werk geteken het. Die kleure is al weke lank in my kop, en die wol is gekoop, maar ek het dit gister eers regtig ge"sien". I love it!


Dis nou eers genoeg gepraat en geblog, ek het (36) blokke om te hekel!

Saturday, 13 November 2010

34. Cowl jou hier, cowl jou daar en siedaar!

Raai wie het nou ook op die Cool Cowl bandwagon geklim. John! Yup, my man het gevra dat ek vir hom ook een moet hekel want "dis so anders".  Die enigste voorvereiste was dat dit grys moes wees. Ek het probeer druk vir 'n mooi helder blou, maar hy soek grys. Choose your battles en so nê. Ek was net happy om vir hom iets te kon hekel! Die patroon wat ek gebruik het was sooooo maklik (dis aan die regterkant van die bladsy saam met al die ander links). Dit het my regtig net 2 ure geneem om die hele cowl te hekel. Jy gebruik Super Chunky wol (ek het Stylecraft Super Chunky Life in Charcoal gebruik) en 'n no. 10 hekelpen so dit gaan vreeslik vinnig.



So vinnig dat ek vir myself ook een kon hekel dieselfde dag! Myne is Sirdar Big Softie se Cherry Pie.


 Terwyl ek hekel het ek natuurlik die cowl nou en dan oor my kop getrek om te sien of als darem mooi sit, en dit doen, maar ek het gedink ek kan daarop verbeter. Sien, die ding met 'n cowl is jy kan dit mos nie styf trek om jou keel soos 'n serp nie, so as hy nie reg lê nie kom die koue Engelse wind so bietjie in. Ek het toe maar halfpad deur die cowl die stekies begin verminder sodat dit dunner word hoe langer dit word, en dus stywer sit om jou nek. Die cowl het begin met 'n ketting van 55 steke, maar teen die einde was John s'n 48 steke, en myne 44 steke. Nou sit dit heerlik knus en behoede die wind wat wil in.



Hier is Twidle Dee en Twiddle Dum met hul matching cowls. Mens kan sien ons is al lank getroud, dit pla ons nou nie meer om bietjie dieselfde te lyk nie.





En 'n cowl is perfek vir crime fighting (or committing) in die Winter. Hands up of ek steek jou met my hekelpen!


Ek wil nog net een ding oor ons cowls sê: Holy cowl maar dis mooi!

Monday, 1 November 2010

33. 'n Grannie ommie nek

If you haven't guessed already, ek is bietjie dol oor granny squares. Ek vind dit extreem gaaf en schattig (dankie Annemarie's Breiblog vir die oulike Hollandse sêgoedjies).  Volgens my kan mens nooit genoeg grannies hekel nie, so toe ek afkom op Fanalaine se Granny Cowl op Ravelry het ek bietjie uitgefreak en amper in my broek gepiepie. Dis so 'n slim idee, en so ek!

Kyk, ek vrek ook mos oor 'n serp en het nou heelwat. Ek kan seker elke dag vir 2 weke lank 'n ander serp om my nek draai maar nes grannies, voel ek mens kan nooit genoeg serpe hê nie. (Come to think of  it, twee weke se voorraad van serpe is nie naastenby genoeg vir die 6 maande van die jaar wat dit so bliksems koud is in Engeland dat ek 'n serp nodig het nie....)  As dit grys en donker en nat is buite, wil ek nie ook nog verveeld raak met 'n dowwe eentonige ou serpie nie. As ek stasie toe stap, of huis toe stap in, wat voel soos, die middel van die nag help daai helder kleure om my nek vreeslik baie.

Fanalaine se Granny Cowl is egter nog beter as 'n serp. Nie net is dit gemaak van Grannies nie (yeah), daar is nie twee los punte soos met 'n serp nie. Dis een groot "loop" wat jy om jou nek draai. Ek kan dit selfs twee keer om my nek kry en een keer oor my kop sodat dit my ore ook kan warm hou.  Die cowl laat my dink aan 'n groot stuk cozy juweliersware. Totally prakties, warm en anderste!

Die wolle wat ek gebruik het vir die een is 'n mix van 100% wol (die middelste 2 rondtes van elke granny asook die rand), 100% katoen (die groen en pers) en chenille (die ligpienk). Dis vir my amazing hoe die groen net so perfek werk saam met die ander wolle. Briljant!






A cowl is the new black according to me. Hoekom serpe dra as jy kan cowls dra?! Wanneer my huidige projek klaar is (watch this space) dink ek ek sal sommer nog 'n cowl maak. 'Cause I can.


Sunday, 14 March 2010

27. Ta-daaaah!

Hier is die vreeslik lank overdue foto's van my maltezer hangertjies! Die groene was al aan die begin van Februarie klaar en ek het hom al baie gedra.

Die swarte het ek gisteroggend 8 uur begin maak, en gister laatmiddag was hy klaar. Die oorspronklike idee was om die swart bolletjies te ryg deur swart satyn lint, maar dit wou nie werk nie. Die lint was net te dik om deur die bolletjies te gaan. Johan het op 'n stadium in sy tool kis gekrap om 'n tang te kry om die saak aan te help, maar helaas.

Plan B was toe om 'n toutjie te hekel uit ketting stekies. Die blommetjies wat ek tussen die bolletjies gesit het, was Plan C toe die hele saak vir my net nie lekker gelyk het nie. Johan is nounog nie 'n fan van my blommetjies nie. My man sê dit lyk of iemand op een van die balletjies getrap het... Besluit julle maar self.




Ek dink ek sal môre my swart langbroek werk toe dra. Geen spesifieke rede. ;-)

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...