Showing posts with label Kussings. Show all posts
Showing posts with label Kussings. Show all posts

Sunday, 26 June 2011

71. Van lap tot kussing

'n Paar maande gelede het ek 'n oulike patroon gesien in 'n boek. Ek kan nou glad nie die boek se naam onthou nie, en daar was net een patroon waarvan ek gehou het, so ek het nie die boek gekoop nie. Die boek het gewys hoe jy 'n stoel kussing kan hekel met materiaal. Genius! Dis net 'n vierkant, so dis vrek maklik. Maar die lekker deel is dat jy materiaal gebruik!

Tegnies gesproke is jy veronderstel om ou t-shirts te "recycle" deur dit op te knip en te gebruik as wol, maar ek dra my t-shirts tot hulle voos is, so ek het lap gaan koop. Die lekkerte van die lap wat ek gekies het, is dat ek 'n strepies is so ek knip die stroke vir die wol net al langs die strepe langs!

Hier is 'n baie oulike tutorial vir hoe om 'n t-shirt in wol te omskep: http://www.craftpassion.com/2009/05/recycle-tutorial-making-of-t-shirt-yarn.html My tegniek was egter 'n kombinasie van daai een en die een: http://www.craftstylish.com/item/4721/how-to-crochet-with-fabric


Vir die hekel van die kussings het ek 'n no. 10 pen en double crochet (langbeen) steke gebruik. Vir ons patiostoele, moes ek 33 kettingstekies maak, en dit het 18 rye se dc geverg. Easy peasy en so oulik!


Al wat toe oorbly is om die satyn lint vas te sit en siedaar! 'n Gele vir my en 'n bloue vir John. My 2m lap was net mooi genoeg vir die twee stoele. 


Ek sal anderdag (wanneer ek nie horlosies het om te hekel nie) weer van die materiaal koop en dan die ander twee kussings hekel, met pienk en oranje linte natuurlik.

Gepraat van horlosies..... hier is die link na die Facebook Page vir my horlosie besigheidjie: www.facebook.com/crochetime. As 'n special treat, het ek 'n 20% afslag kode create net vir lede van die Page. Ek sal die kode Dinsdagaand 8 uur UK tyd (9 uur SA tyd) vir al die lede van die Page email. So as jy 20% afslag wil hê, Like die page voor Dinsdagaand, en ek sal dit vir jou email! Posgeld na SA is £7, maar 20% afslag op 'n horlosie is £6, so dis sotesê free postage!

En as jy nog nie 'n lid is van die Ons Hekel Facebook Page nie, hier is die link soontoe ook: www.facebook.com/onshekel. Daar is al 99 lede! Kom haak saam, ons is 'n baie oulike klomp girls.

Sunday, 3 April 2011

57. Ta-daaaaah

Dis klaar! Skoonsus se kussings is klaar!!!! 12 Maart het ek die eerste Waterlily begin hekel, en vanmiddag 11:14 die laaste draadjie geknip.  Kyk net hoe vro(u)lik:





Van die 7de Februarie, toe ek met Boeta se kussings begin het, tot 3 April was ek regtig nonstop besig om te hekel. In die trein, by die werk, na werk en naweke. 72 blokke later (ja, my no.4 hekelpennetjie het 72 blokke gehekel in minder as 2 maande!) is dit als verby. Dit was 'n lekker projek, veral omdat die kussings verrasings is vir familie wat vêr bly. Ek het dit ook vreeslik geniet om die 9 blokke vir elke sy uit te pak, rond te skuif en dan weer ander kant om te skuif totdat ek gelukkig is met die "look". All in all, was dit 'n lekker projek, maar nou.... nou is ek nogal verlig dis verby. Ek kan nou bietjie brieke aandraai met die spoed waarteen ek haak. Stadig(er) oor die klippetjies van nou af.

Net nog een laaste dingetjie wat ek wil sê: ek dink die kussings lyk bleddie mooi! So mooi dat hierdie nie die laaste haak van 'n Waterlily blok was nie  - my sitkamer stoel soek definitief twee Waterlily kussings van sy eie....



Tuesday, 22 March 2011

54. Blomme inspirasie

Ek hekel mos nou al van Februarie af 'n storm los. 36 blokke vir Boeta se kussings, en 36 blokke vir skoonsus s'n. Dis vreeslik baie kettingstekies, dc en sc! Om nie eens te praat van al die draadjies wat ek moet wegwerk nie! Skoonsus se 18 Waterlilies is nou al almal klaar - ek moet net wag vir die blokkerasie om droog te word en aanmekaar werk. Yeah!


Tussen Sondag se Waterlilies klaar maak, en die begin van die agterste blokke, wou ek darem eers 'n russie rus. Manlief stel toe voor ons gaan kwekery toe, en wat 'n uitstekende plan was dit nie!

Dit is mos nou amptelik Lente hier by ons  en oral begin blommetjies kop uitsteek. Daar is nog baie kaal takke, maar mens kan darem al die begin van blaartjies en blommetjies sien, soos dié enetjie op my pad stasie toe.  En kyk daar reg onder teen die stam, loer die daffodils ook uit!


Ek dink regtig dat vandat ek in Engeland woon, ek helder kleure en Lente net meer waardeer. Na 'n baie lang grys winter kan mens mos nie anders as om super opgewonde te raak oor blou lug, en splinternuwe plantjies en bloeisels nie? Ons wag al van November maand hiervoor! Maar selfs die wete dat dit amptelik Lente is, kon my nie voorberei op die pragtige, bont blommetjies en grasgroen jong blaartjies by die kwekery nie.




Hand on heart julle, terwyl ek daar tussen die rakke deurstap kon ek voel hoe my binneste (my siel?) lig word, en ek vroliker en vroliker raak met elke tree wat ek tussen die plantjies neem.
Ek het natuurlik nie leë hande by die kwekery weg gestap nie. Neverste nooit! Ek het een van die blou potte in die voorgrond op die heel eerste foto, gekoop. In fact, ek dink dit was die linkerkant se een. Daar is twee plantjies daarbinne wat nog nie geblom het nie, so dit gaan 'n lekker suprise wees om te sien wat, en watter kleur dit is! Die derde plantjie in die pot is 'n wit Primrose (dieselfde tipe plantjie as op die foto hierbo).

Met my nuwe potplantjie op sy spot buite die agterdeur, kon ek weer met baie ywer hekel. Daai kleur inspuiting by die kwekery het my beslis geinspireer, want kyk net hoe mooi is een van die blokke wat ek maak!


Ek gaan drie in hierdie kleur kombinasie maak, drie met 'n wit randjie in plaas van die blou, en nog drie met 'n geel randjie in plaas van blou.

Is dit nie wonderlik dat ons op 'n planeet woon waar mens geinspireer kan word deur die doodgewone, klein, gratis dingetjies om jou? Fantasties, en 'n seën van epidermiese proporsies (soos Oubaas sou sê).



Thursday, 17 March 2011

53. Projek Vro(u)like Kussings

Projek Vro(u)like Kussings is in volle swang. 12 Maart het ek begin hekel aan Jan Eaton se Waterlily blokke en ek's mal daaroor!!!! Die 3D blomme is mooi en as jy "the hang of it" gekry het, gaan die blokke lekker vinnig. Jy werk vreeslik baie in die agterkant van 'n steek, so dis nogal 'n storie maar dis totaal en al die sukkel werd.

Sondag het ek 6 blokke kant en klaar gehad - dus twee derdes van die voorkant van een kussing done and dusted! Van Maandag tot Donderdag het ek elke oggend op die trein, etensuur by die werk en selfs partykeer in die trein huis toe, net die blommetjies gehekel. Hulle is baie gerieflik om op die trein te doen want dis net een bol wol wat ek saam piekel en die blommetjies gaan nogal vinnig.


Teen Vrydagoggned, kon ek al die blommetjie begin omskep in vierkante. Dis sooo amazing om die kleurspeling te sien. I love it! En die wit laat die tropiese kleure zing en pop!


Die plan is om die voorkant van albei kussings net in Waterlilies te maak. Ek visualise 'n see van tropiese kleure met 18 spierwit bolletjie blomme. Imagine! Vir die agterkant sal ek ander blokke kies wat die ses kleure mooi afshow. Hulle sal meer "lacey" en oop wees want ek wil die kleur van die kussings (oranje) laat uitstaan tussen die stekies. Oe, dit gaan so mooi lyk met al die helder kleure en wit teen die oranje!

Ek is stellig besig om 'n liefde vir spierwit te ontwikkel - dis so sag, maar tog so helder. You know what I mean? My to do list van hekelprojekte is so lank soos my arm, maar somewhere op daai lys gaan vir ons huis iets maak in 100% katoen (is nou so bietjie moeg vir die acrylic) met baie wit.

Maar vir eers, is dit terug na Skoonsus se kussings. Haak sussie, haak!

Saturday, 12 March 2011

52. Ta-daah!

My broer se twee kussings is klaar!!! Gisteraand 20:33 het ek die die laaste knopie vasgewerk. Dit beteken ek het net bietjie meer as 'n maand lank gewerk aan die 36 blokke. Dit beteken ook ek het bietjie minder as 'n maand oor om my skoonsuster se 36 blokke te maak! Gelukkig is 18 van haar blokke almal dieselfde ontwerp en teen blok no.3 het ek gewoonlik die patroon gememoriseer, so ek hoop en vertrou haar kussings sal vinniger gaan.

Terug na Boeta se kussings.


Die voorkant van die Rooierige Kussing bestaan uit:
3 x Circle in Square
3 x Criss Cross
3 x Catherine Wheel
Die agterkant is 9 x Lacy Cross.

Die voorkant van die Oranjerige Kussing bestaan uit:
5 x Begonia (of soos John dit noem, die Alien Landingstrip)
2 x Mesh Fantasy
2 x Edwardian Fancy
Die agterkant is 9 x Big Round.

Dink julle nie die oranje knope is absoluut perfek nie? Ek het dit nogal op eBay gekoop van alle plekke!


Albei kussings se voorkant blokke is gemaak met 'n ligte grys randjie as die laaste rondte, al moes ek die patroon bietjie aanpas om dit reg te kry. Ek het ook 'n single crochet (kortbeen) randjie reg rondom die groot vierkant gehekel want ek moes mos die lussies vir die knoopsgate maak. Die agterste blok het nie 'n ekstra randjie gekry nie.

Vir blog doeleindes het ek die kussings bo-oor twee van my wynrooi sitkamer kussings getrek sodat ek foto's kon neem, maar my broer het vir hom twee oranje kussings by Mr. Price Home gekoop, so die eindproduk gaan bietjie anders lyk. Ek kon net nie wag tot volgende maand om te sien hoe klaar kussings op 'n rusbank sal lyk nie! Met 'n oranje kussing wat deur die gaatjies loer, sal hulle heeltemal anders lyk. Veral die agterkant van Die Rooi kussing wat net bruin en rooi is - so bietjie oranje in die agtergrond sal die "kruis" van die Lacy Cross baie mooi afshow.

Dit was regtig vreeslik lekker om al die blokke te maak. Ek het aspris soveel blok patrone as moontlik gekies (en kloooomp keer van plan verander). Ek moes die heeltyd in gedagte hou dis vir 'n man so ek kon nie vreeslik blommerig of "lacey" gaan nie. Die kleur kombinasie is ook 100% gemik op hom. Sy gunsteling kleurekombo is oranje & grys, en sy huis dekor is okers en diep rooie, so dit was eintlik heel logies om die vyf kleure saam te sit. Ek was bietjie skrikkerig oor die grys en bruin saam, maar ek dink omdat die oranje, rooi en bruin so goed bymekaar pas, die grys regtig net 'n soort neutrale agtergrond is. En indien julle wonder, ja ek weet daai oranje is 'n neon oranje - dis so helder, dis seker sigbaar vir die Marsmannetjies!

Volgende op die to do list is my skoonsuster se Waterlilly blokke. Haar kleur kombinasie kon nie meer anders wees nie, as wou dit. Wil julle 'n voorsmakie hê? Huh, wil julle? Okay, hier is 'n prentjie wat ek gister by die werk geteken het. Die kleure is al weke lank in my kop, en die wol is gekoop, maar ek het dit gister eers regtig ge"sien". I love it!


Dis nou eers genoeg gepraat en geblog, ek het (36) blokke om te hekel!

Thursday, 10 March 2011

51. Middag foto

Hekel in die baas se kantoor:



Dankie tog sy lees nie my blog nie want ek dink nie die voete op die stoel sal goed ontvang word nie. Sy kan net bly wees ek omskep nie haar kantoor in 'n naaldwerkkamer terwyl sy met kraamverlof is nie! :-)

50. Vroegdag foto

Ek dog ek deel net met julle my koffietafel vanoggend net voor 7: daffodils en hekelwerk. 'n Vrolike kombinasie.

Tuesday, 1 March 2011

49. Indien jy wonder

Indien jy gewonder het hoe lank dit neem om Jan Eaton se Lacy Cross te hekel, gaan ek jou nou sê. Dit neem net so lank soos dit 'n South West Trains trein vat om van Hampton Court tot by Waterloo te ry. Ek het dit vanoggend bewys.

Foto geneem 07:49 by Hampton Court stasie:


Foto geneem 8:35 by Waterloo:



Daar het jy dit nou. Een standaard trein rit per blok.

Ek het nege blokke om te maak vir die agterkant van elke kussing, waarvan drie reeds die naweek en gisteraand klaar gemaak is. Vanoggend het ek een gemaak, so dis vier agter die blad. Ek het gewoonlik nie energie om in die aand op pad huis toe in die trein ook te hekel nie, maar na 'n bordjie kos en met batterye ge-recharge na ek tyd saam met my man spandeer het, kan ek maklik voor die TV nog 'n entjie hekel. Volgens my berekeninge sal ek dus voor die einde van die week een kussing se agterkant klaar hê!

Is dit nou goeie benutting van my tyd of wat?!

Monday, 28 February 2011

48. Blok die blokke blokkerig

Ek het mos nogal 'n geskiedenis as dit kom by acrylic wol blok - onthou die saga van die Doris Chan "killed the yarn" truitjie van 2010?  Hierdie naweek was dit weer sulke tyd - met 18 15cm x 15cm blokke - almal in acrylic wol gehekel.  Maar weet julle wat, dit was glad nie so 'n groot drama soos laas keer nie!

Die blokke kom almal uit 200 Crochet Blocks deur Jan Eaton. Agter in die boek sê sy jy moet acrylic wol net nat spuit, die water bietjie invryf, en dan vasspeld en vanself laat droog word. Niks stoom strykysters, of handdoeke in sig nie! Kan dit regtig so maklik wees? Ja dit kan! 

Hieronder is 'n 45cm x 45cm vierkant - ek het reeds al die blokke aanmekaar gewerk - wat ek op die manier geblok het.

 


Die blou spons waarop dit vasgespeld is, is wat vir my die verskil gemaak het. (Laas keer het ek mos op 'n kwilt en 'n handdoek die speldjies probeer vasdruk). Ek  het bietjie op die internet gaan rondkyk en daar gesien dat mense hierdie EVA/foam speelmatjies gebruik. Dis blykbaar die goed waarmee plakkies gemaak word, so dis dun en sag, maar steeds dig genoeg dat 'n speldjie lekker daarin kan staan. Hier by ons moet jy dit in pakke van 4 koop, maar ek was gelukkig genoeg om 'n ou op eBay te vind wat elke mat afsonderlik koop. Ek het net £1.99 betaal insluitende aflewering! En as ek ooit eendag iets groter wil blok, koop ek net nog 'n blok!  Dit werk sooo lekker!

Ek het op google.co.za gaan kyk vir soortgelyke blokke, en darem een maatskappy gevind wat dit ook in Suid-Afrika verkoop:
http://www.brightkidproducts.co.za/products_brightmats.htm

Kyk waarmee spuit ek my blokke nat: 'n ou Annique Verfrisser houertjie! Net om anderste te wees, gooi ek 'n paar druppels Johnson & Johnson baby cologne ook in die water. Dit ruik so lekker terwyl ek spuit, en die reuk bly sommer in die wol vassit. Baie nice!


Julle sal merk dat ek nie vreeslik veel sê oor my blokke, maar glo my dit borrel in my! Ek kan net nie genoeg kry van 200 Crochet Blocks en al die kleur kombinasies en opsies nie. Dit verg vreeslik baie van my om nie ure lank te babbel oor hierdie projek nie. Vir eers moet ek dit net bietjie onder my hoed hou. Die blokke deel is van twee kussings wat ek as 'n geskenk vir my broer maak. Hy weet ek maak vir hom kussings - want ek het hom gesê hy moet twee van Mr. Price Home se 45cm x 45cm kussings gaan koop, maar meer as dit mag hy nie weet nie.  Na hierdie twee kussings, gaan ek ook twee vir my skoonsuster maak.  As daar dus 'n vae kans is dat jy my broer of  my skoonsuster ken - hou hierdie blog entry vir jouself!

Maar as jy sukkel om hekelwerk te blok, gaan koop vir jou 'n spons mat - dit werk soos 'n bom!

Sunday, 27 September 2009

9. Ta-daah!

Die tweede kussing is klaar!

Na ek die eerste een klaar gemaak het, het Johan baie vinnig die agterkant (sans pienk en blommetjie) as sy gunsteling verklaar en gevra dat "sy kussing" asseblief minder pienk moet hê. In my kop was die twee kussings eintlik een stelletjie maar my liefste man hou nou net plainweg niks van die voorkant van die eerste kussing nie so daar is nou 'n His and Her kussing. As ek bed op maak draai ek dit dat die pienk voor is, as hy bed op maak is die agterkant na voor. As ons fliek kyk in die bed en hy het dibs op die kussing, MOET sy kop op die agterkant lê.

En dis als omdat my man net mooi NIKS hou van pienk nie. Soos in glad nie. Ek het toe maar besluit om vir sy kussing vier groot blokke te doen, elkeen met 'n baie manlike navy blou randjie sodat die oorwegende kleur blou is. Hy het ongelukkig baie vinnig opgemerk dat daar twee kleine ou sirkeltjies pienk is in twee van die vier blokke. "Ek hou nie van pienk nie!!!!!". (As jy 'n fan is van Friends, imagine Johan sê dit op die manier hoe Joey sê "Joey doesn't share food!") Ek vreet hom op op as hy so vreeslik erg upset raak oor nie-manlike goed (considering dat 'n gehekelde granny square kussing seker die toppunt van on-manlike dinge is!). Ek het voorgestel dat ek vir hom karretjies, of cowboys of brandweerwa knopies op die pienk dele vaswerk maar dit sal ook nie werk nie want "die knope sal my pla". Gelukkig kon ek hom darem oortuig dat dit regtig baie min pienk is, hy sal nie gay lyk as hy met sy kop op die kussing lê nie en die agterkant is vreeslik butch want daar is nie een ou stukkie pienk in nie, so nou is hy happy met sy manlike kussing.

Hier is die Granny & Grandpa Square kussings.


Ek vreet jou op my man, en ek maak enige tyd weer vir jou 'n super butch kussing!

Sunday, 13 September 2009

6. Ta-daah!

My eerste kussing is klaar en op die bed!!! Gisteraand het ek die ma-moerse grannysquare vir die agterkant klaar gehekel en vanoggend 11:12 het ek die laaste draadjie geknip na ek die pante aanmekaar gewerk het. (Ja, ek het dus die agterkant in 2 dae gehekel - dis wat gebeur as jy hekelmal is!)

Ek moet erken ek het nie gedink dit sal so vinnig gaan nie - minder as 'n maand, en dan was daar nog een langnaweek waar ek glad nie kon hekel nie want ons was in Amsterdam, en ek is halfpad met my eerste projek! Gepraat van Amsterdam - die knopie in die middel van die blommetjie is gekoop in De Knopenwinkel in Amsterdam.




Johan verkies die agterkant - sy ogies rol sommer van lekkerkry:

En ek hou van die voorkant - blommetjie in my oog en al:


Ek dink ek sal maar vinnig moet begin werk aan die tweede een, want wie kry die kussing vanaand wanner ons fliek kyk in die bed?!

Saturday, 12 September 2009

5. Een kwart is klaar

Die voorkant van die eerste kussing is klaar!



En ek werk rustig, en baie lekker, aan die agterkant.


LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...