Showing posts with label Granny Squares. Show all posts
Showing posts with label Granny Squares. Show all posts

Thursday, 19 May 2011

64. Hekelstories

Ek het julle mos noudie dag vertel dat ek gereeld eposse kry van mense reg oor Suid-Afrika wat my vertel van hul hekelwerk, en hoe hulle in die hekel ding ingekom het. Wel, vandag gaan ek een van die stories met julle deel. Karin, van Robertson in die Wes-Kaap, het toestemming gegee dat ek haar storie met julle deel. Ek het net twee sinnetjies uit die email gehaal, maar die storie is nes sy dit vir my gestuur het:

Beste Natasja
Wat 'n voorreg om 'n mede hakkertjie te ontmoet.  My ma het my leer hekel nog voor ek skooltoe gegaan het en ek het so pas 47 geword, dus hekel ek al vir 41 jaar en dit word net al hoe lekkerder.
Ons is 2 susters wat net 2 jaar in ouderdom verskil.  Het maar in die maer jare grootgeword en ma het geglo dat 'n kind nie net geld in die hand gestop word nie,  o nee, ons moes woeker ou girl. 
Sy het verskeie ou wolletjies gehad en ons moes daarmee blokkies hekel, die buitenste rand moes altyd swart wees en dan het ma dit aanmekaar gewerk.  Ons het 2 sent per blokkie verdien en daarmee kon ons dan by die kafee gaan lekkers koop.  Onthou dit was met Noag se tyd toe 2 sent nog iets kon koop.  Ek dink ons het 4 Wilson toffies daarmee gekoop, as ek nou reg onthou!
Ma was ook baie streng en as die blokkie nie mooi netjies gehekel was nie, moes dit uitgetrek word.  Net 'n geldjie vir die wat reg was. So kan ek nog baie hekelstories uitryg.
Haker groete
Karin

Is dit nou nie die oulikste, oulikste storie nie! Ek is seker daai 2c blokkies met die swart randjies was die tradisionele granny squares, want die properse granny komberse word mos altyd met 'n swart randjie gedoen. Ietsie soos hierdie:


Kan julle ook die twee dogtertjies picture wat vreeslik hard konsentreer op hulle grannies net sodat hulle geld het vir lekkergoed? Dis sooo oulik!

Ai julle, ek VREK oor hakertjies. Ons is net anderste, en dare I say it, bleddie oulik! Noudat so baie van julle vir my emails stuur, kom ek regtig agter dis 'n tipe mens wat hekel, and I like it!!

Tussen die skryf van die boonste paragraaf, en die publiseer van hierdie inskrywing het Ouma Amanda kommentaar gelos op een van my ou inskrywings. Gaan lees bietjie wat sê sy hier: http://ekhekel.blogspot.com/2009/08/335-hakerige-storie.html, dan sal julle sien wat ek bedoel met ons hakers is net wonderlik, fantasties, anderste mense! She proves my point in spades! You gotta love the hookers! 

P.S.: Karin, jy en jou sus kan gerus nog stories stuur. In fact, enige iemand wat die blog lees kan maar oulike hekel stories stuur. As jy jou storie net met my wil deel is dit dood dollies (of moet ek sê dood doilies), maar as jy nie omgee nie, sal ek dit graag op die blog wil sit vir almal om te lees.

Monday, 7 February 2011

43. Crochet a Rainbow

Hier is my bydrae tot Sarah London se Crochet a Rainbow projek. Daar is net 10 grannies, en dit lyk bietjie min, maar ek gaan definitief nog maak en op 'n ander dag vir Sarah stuur. (Vir nou het ek net eers een projek wat ek moet klaar maak en dan moet ek 'n ander een begin met 'n deadline van Aprilmaand.) Dit was lekker om net random kleure te kies en grannies te maak sonder om regtig te beplan en kleurskemas in gedagte te hê. Vrek lekker, eintlik.


Ek moes ook net daai mooi bos tulpe in squeeze op 'n manier. Is hulle nie pragtig nie?!





Wednesday, 19 January 2011

38. Wat 'n wonderlike projek!

Die Universe werk darem op amazing maniere. Net gister vertel ek julle dat ek vreeslik graag weer wil hekel, en vanoggend kry ek 'n "blog alert" van Sarah London se blog. Sarah vra dat ons granny squares moet hekel en vir haar stuur sodat sy dit in komberse kan verander om te gee vir al die mensies in Queensland wat deur die vloede hul besittings verloor het.

Dis so 'n nice gesture, en die perfekte ding om my weer my gat in rat te laat kry.

As jy ook wil deel wees van haar "Crochet a Rainbow" projek, kliek hier.

Monday, 1 November 2010

33. 'n Grannie ommie nek

If you haven't guessed already, ek is bietjie dol oor granny squares. Ek vind dit extreem gaaf en schattig (dankie Annemarie's Breiblog vir die oulike Hollandse sêgoedjies).  Volgens my kan mens nooit genoeg grannies hekel nie, so toe ek afkom op Fanalaine se Granny Cowl op Ravelry het ek bietjie uitgefreak en amper in my broek gepiepie. Dis so 'n slim idee, en so ek!

Kyk, ek vrek ook mos oor 'n serp en het nou heelwat. Ek kan seker elke dag vir 2 weke lank 'n ander serp om my nek draai maar nes grannies, voel ek mens kan nooit genoeg serpe hê nie. (Come to think of  it, twee weke se voorraad van serpe is nie naastenby genoeg vir die 6 maande van die jaar wat dit so bliksems koud is in Engeland dat ek 'n serp nodig het nie....)  As dit grys en donker en nat is buite, wil ek nie ook nog verveeld raak met 'n dowwe eentonige ou serpie nie. As ek stasie toe stap, of huis toe stap in, wat voel soos, die middel van die nag help daai helder kleure om my nek vreeslik baie.

Fanalaine se Granny Cowl is egter nog beter as 'n serp. Nie net is dit gemaak van Grannies nie (yeah), daar is nie twee los punte soos met 'n serp nie. Dis een groot "loop" wat jy om jou nek draai. Ek kan dit selfs twee keer om my nek kry en een keer oor my kop sodat dit my ore ook kan warm hou.  Die cowl laat my dink aan 'n groot stuk cozy juweliersware. Totally prakties, warm en anderste!

Die wolle wat ek gebruik het vir die een is 'n mix van 100% wol (die middelste 2 rondtes van elke granny asook die rand), 100% katoen (die groen en pers) en chenille (die ligpienk). Dis vir my amazing hoe die groen net so perfek werk saam met die ander wolle. Briljant!






A cowl is the new black according to me. Hoekom serpe dra as jy kan cowls dra?! Wanneer my huidige projek klaar is (watch this space) dink ek ek sal sommer nog 'n cowl maak. 'Cause I can.


32. Sondagoggend

Dis hoe Sondagoggend in die King huishouding lyk. Oats pap, Paddy die iPad en hekelwerk in die bed. Sooo heerlik!



 

Wednesday, 2 June 2010

28. BabettieKombersieKosweti

Ek is vreeslik lus om weer granny squares te maak. My Hooky First Love. Hulle is net so cute en innocent! Jy kan nie verkeerd gaan met 'n granny square nie: jy maak verskillende grootes en verskillende kleur kombinasies, en dis dit! Dis mos hemels! Grannies is natuurlik baie goed vir komberse…. maar ek het mos 'n halfklaar kombers in 'n kas: die Identiteitskrisis kombers wat ek in Januarie weg gepak/weg gesteek/begrawe/amper weg gegooi het.

Die kombers is mos nou daar, ek het nog baie van sy wol oor en ek wil vreeslik graag 'n kombers hê vir ons slaapkamer, toe dog ek, wel ek is nog nie vreeslik begeesterd vir strepies hekel nie, so hoekom sit ek nie grannies tussen die strepe nie?!

Skielik onthou ek toe van 'n kombers wat 'n storm ontaard het op Ravelry: die Babette Blanket. Daai kombers het my hoendervleis van lekkerte gegee toe ek hom die eerste keer gesien het - 1184 ander vrouens was net so mal oor hom want dis hoeveel van hulle daar al op Ravelry gemaak is! Kyk bietjie hier:

Kan julle sien hoekom ek totally uitgefreak het toe ek dit sien?! Dis soooo moooi! En die inspirasie vir die patroon ('n link is op die "Hekelpatrone wat ek al gebruik het" tab) is niemand anders as Kaffe Fassett waaroor ek mos alreeds geblog het. Meant to Be and Divine Intervention me thinks!!!

Vir Babette het jy 50 x 2-round blokke, 50 x 4-round blokke, 16 x 8-round blokke, 2 x 10 round blokke en 2 x 12 round blokke nodig. Maar hulle blokke word solied gehekel, nie "shells" soos wat 'n granny square is nie, en ek wil mos grannies maak. Maar wat keer my om grannies te gebruik en aanmekaar te werk soos vir 'n Babette? My heel heel heel eerste hekel projek was mos 'n granny kussing wat bestaan het uit 3 verskillende grootte blokke so dit sal perfek pas! Daar is 'n handjie vol vrouens op Ravelry wat dieselfde idee as ek gehad het, so ek weet nou dit kan werk (en blerrie nice lyk):

Can you see it??? Ek kan! Ek het alreeds 72 rye gehekel (72!!!) vir die kombers. So die plan is om dieselfde wydte as wat 72 rye is, Babette grannies te doen, dan 'n strook van 36 strepies, dan weer 'n strook Babette grannies (ek vermoed ek gaan baaaaaaaaie grannies nodig hê), en dan 72 strepies. Dis die idee (for now). Ek sal heel moontlik nog miljoen keer van plan verander, maar die basic idee is darem daar.

Al probleem is dat ek nou totally vir arme kombers 'n kompleks gegee het. Eers verdink ek hom van 'n serp wees, nou wil ek 'n Babette by hom inwerk, maar dis nie eens 'n properse Babette nie - dis 'n Granny Babette, en ook nie 'n volle Babette nie, sommer twee halwes. Ken iemand 'n goeie sielkundige vir 'n bont & deurmekaar bersie?

Sunday, 27 September 2009

9. Ta-daah!

Die tweede kussing is klaar!

Na ek die eerste een klaar gemaak het, het Johan baie vinnig die agterkant (sans pienk en blommetjie) as sy gunsteling verklaar en gevra dat "sy kussing" asseblief minder pienk moet hê. In my kop was die twee kussings eintlik een stelletjie maar my liefste man hou nou net plainweg niks van die voorkant van die eerste kussing nie so daar is nou 'n His and Her kussing. As ek bed op maak draai ek dit dat die pienk voor is, as hy bed op maak is die agterkant na voor. As ons fliek kyk in die bed en hy het dibs op die kussing, MOET sy kop op die agterkant lê.

En dis als omdat my man net mooi NIKS hou van pienk nie. Soos in glad nie. Ek het toe maar besluit om vir sy kussing vier groot blokke te doen, elkeen met 'n baie manlike navy blou randjie sodat die oorwegende kleur blou is. Hy het ongelukkig baie vinnig opgemerk dat daar twee kleine ou sirkeltjies pienk is in twee van die vier blokke. "Ek hou nie van pienk nie!!!!!". (As jy 'n fan is van Friends, imagine Johan sê dit op die manier hoe Joey sê "Joey doesn't share food!") Ek vreet hom op op as hy so vreeslik erg upset raak oor nie-manlike goed (considering dat 'n gehekelde granny square kussing seker die toppunt van on-manlike dinge is!). Ek het voorgestel dat ek vir hom karretjies, of cowboys of brandweerwa knopies op die pienk dele vaswerk maar dit sal ook nie werk nie want "die knope sal my pla". Gelukkig kon ek hom darem oortuig dat dit regtig baie min pienk is, hy sal nie gay lyk as hy met sy kop op die kussing lê nie en die agterkant is vreeslik butch want daar is nie een ou stukkie pienk in nie, so nou is hy happy met sy manlike kussing.

Hier is die Granny & Grandpa Square kussings.


Ek vreet jou op my man, en ek maak enige tyd weer vir jou 'n super butch kussing!

Friday, 25 September 2009

8. Go Grannys!!!

Granny Squares are taking over the world! Cate Blanchett het vroeër hierdie maand hierdie rok by 'n "red carpet event" in Australie aangehad. Ek dink die vrou het guts!

Ek sal vir myself nog eendag 'n gewone truitjie of onderbaadjie hekel maar ek weet darem nie van 'n granny square design vir 'n rok nie…. Then again, ek en Johan het die naweek The Boat That Rocked gekyk en daar was 'n vrou wat twee granny square onderbaadjies het en ek was mal daaroor, so wie weet. Miskien maak ek eendag 'n granny square onderbaadjie maar ek dink nie ek sal hom na 'n "red carpet event" dra nie - julle weet, ek is mos vreeslik famous en word gereeld genooi na sulke dinge.

Either way, cudos to Cate, en dankie dat jy Granny's hip (probeer) maak het.

Sunday, 13 September 2009

6. Ta-daah!

My eerste kussing is klaar en op die bed!!! Gisteraand het ek die ma-moerse grannysquare vir die agterkant klaar gehekel en vanoggend 11:12 het ek die laaste draadjie geknip na ek die pante aanmekaar gewerk het. (Ja, ek het dus die agterkant in 2 dae gehekel - dis wat gebeur as jy hekelmal is!)

Ek moet erken ek het nie gedink dit sal so vinnig gaan nie - minder as 'n maand, en dan was daar nog een langnaweek waar ek glad nie kon hekel nie want ons was in Amsterdam, en ek is halfpad met my eerste projek! Gepraat van Amsterdam - die knopie in die middel van die blommetjie is gekoop in De Knopenwinkel in Amsterdam.




Johan verkies die agterkant - sy ogies rol sommer van lekkerkry:

En ek hou van die voorkant - blommetjie in my oog en al:


Ek dink ek sal maar vinnig moet begin werk aan die tweede een, want wie kry die kussing vanaand wanner ons fliek kyk in die bed?!

Saturday, 12 September 2009

5. Een kwart is klaar

Die voorkant van die eerste kussing is klaar!



En ek werk rustig, en baie lekker, aan die agterkant.


LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...