Showing posts with label Stories. Show all posts
Showing posts with label Stories. Show all posts

Friday, 27 May 2011

65. Healing powers

Karin Rabie het vir my hierdie epos gestuur en gesê ek kan dit maar met julle deel.

Beste Natasja

Na 'n naweek van 3 x 12 uur skofte se werk by die plaaslike tehuis vir bejaardes, is ek vandag maar flou en wil ek net die nodige takies in die huis doen  en dan.....ta da..... HEKEL!
Gedurende Januarie tot Maart van 2011, het ek die "voorreg" gehad om vir 3 maande in die bed te wees met 'n rug besering.  Dit was seker die moeilikste tyd wat ek nog ooit in my lewe gehad het, veral omdat ek nie geweet of ek ooit weer sal regkom en sal kan loop nie.  Ek het soveel pyn gehad, dat ek amper my varkies verloor het. 
My man het soggens om 06h30 die huis verlaat om te gaan werk en weer saans teen 18h30 teruggekom.  Omdat ons erf met goeie sekuriteit toe is, was dit ook nie vir my vriende moontlik om te gereëld te kom kuier nie, want ek moes elke keer uit die bed om die remote hek te kan oopmaak en omdat ek so moeilik beweeg het, was dit nie altyd so gelee nie.
Ek was dus aangewese aan myself, die radio en raai wat, my hande het mos niks makeer nie, so ou girl, ek het gehoorlik gehaak van vroeg tot laat.  Die foto wat ek attach het is die resultaat na aanleiding van "onthou kwilt in die Junie 2010 Idees tydskrif". 


Ek het gedelf in 'n ou hekelboek van my ma, wat heelwat gehekelde klere in het.  Het die patrone van die klere se motief dan in die blokke gemaak.  Dit was 'n heerlike ontdekkingsreis om 'n groot verkeidenheid patrone te kry, sodat daar nie te veel blokke is wat dieselfde is nie.  Ek het die kombers in die 3 maande voltooi en tot vandag toe sê ek dankie vir die Vader dat ek my hande en ook so my gemoed, positief kon besig hou.

Gelukkig is my rug nou heelwat beter en kon ek weer sedert April terug gaan werk toe.  Die hekeltyd is dus veel minder, maar gedurende etenstyd en teetyd, by die werk word die wolletjies gou uitgepluk.  Al die inwoners is al nuuskierig om te sien hoe die suster se projek vorder.  Het ook al van die ander personeel aan die haak!

Mooi bly en geniet die hekel reis.  Dit is mos altyd 'n uitdaging om iets nuut te probeer.
 
Haai julle, is dit nie amazing nie? Ek is so bly vir Karin dat haar rug nou weer mooi gesond is. Dis so 'n blessing om kreatief te kan wees en jouself te omring met mooi goed wat jy self gemaak het. Jy kan dan mos nie anders as om positief te bly en gesond te word nie!

Dankie Karin dat jy jou inspirerende storie met ons deel.

Thursday, 19 May 2011

64. Hekelstories

Ek het julle mos noudie dag vertel dat ek gereeld eposse kry van mense reg oor Suid-Afrika wat my vertel van hul hekelwerk, en hoe hulle in die hekel ding ingekom het. Wel, vandag gaan ek een van die stories met julle deel. Karin, van Robertson in die Wes-Kaap, het toestemming gegee dat ek haar storie met julle deel. Ek het net twee sinnetjies uit die email gehaal, maar die storie is nes sy dit vir my gestuur het:

Beste Natasja
Wat 'n voorreg om 'n mede hakkertjie te ontmoet.  My ma het my leer hekel nog voor ek skooltoe gegaan het en ek het so pas 47 geword, dus hekel ek al vir 41 jaar en dit word net al hoe lekkerder.
Ons is 2 susters wat net 2 jaar in ouderdom verskil.  Het maar in die maer jare grootgeword en ma het geglo dat 'n kind nie net geld in die hand gestop word nie,  o nee, ons moes woeker ou girl. 
Sy het verskeie ou wolletjies gehad en ons moes daarmee blokkies hekel, die buitenste rand moes altyd swart wees en dan het ma dit aanmekaar gewerk.  Ons het 2 sent per blokkie verdien en daarmee kon ons dan by die kafee gaan lekkers koop.  Onthou dit was met Noag se tyd toe 2 sent nog iets kon koop.  Ek dink ons het 4 Wilson toffies daarmee gekoop, as ek nou reg onthou!
Ma was ook baie streng en as die blokkie nie mooi netjies gehekel was nie, moes dit uitgetrek word.  Net 'n geldjie vir die wat reg was. So kan ek nog baie hekelstories uitryg.
Haker groete
Karin

Is dit nou nie die oulikste, oulikste storie nie! Ek is seker daai 2c blokkies met die swart randjies was die tradisionele granny squares, want die properse granny komberse word mos altyd met 'n swart randjie gedoen. Ietsie soos hierdie:


Kan julle ook die twee dogtertjies picture wat vreeslik hard konsentreer op hulle grannies net sodat hulle geld het vir lekkergoed? Dis sooo oulik!

Ai julle, ek VREK oor hakertjies. Ons is net anderste, en dare I say it, bleddie oulik! Noudat so baie van julle vir my emails stuur, kom ek regtig agter dis 'n tipe mens wat hekel, and I like it!!

Tussen die skryf van die boonste paragraaf, en die publiseer van hierdie inskrywing het Ouma Amanda kommentaar gelos op een van my ou inskrywings. Gaan lees bietjie wat sê sy hier: http://ekhekel.blogspot.com/2009/08/335-hakerige-storie.html, dan sal julle sien wat ek bedoel met ons hakers is net wonderlik, fantasties, anderste mense! She proves my point in spades! You gotta love the hookers! 

P.S.: Karin, jy en jou sus kan gerus nog stories stuur. In fact, enige iemand wat die blog lees kan maar oulike hekel stories stuur. As jy jou storie net met my wil deel is dit dood dollies (of moet ek sê dood doilies), maar as jy nie omgee nie, sal ek dit graag op die blog wil sit vir almal om te lees.

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...