Showing posts with label Gratis Patroon. Show all posts
Showing posts with label Gratis Patroon. Show all posts

Monday, 14 February 2011

44. 'n Bloedrooi hart

Ek het die afgelope week, op die trein werk toe, en in my middagete uur in my kraamverlofbaas se kantoor, gewerk aan 'n bloedrooi hart.

Delia, van Delia McDonagh Photography, het my gevra om 'n hart te hekel wat sy in haar photoshoots kan gebruik. Ek het dit nogal baie geniet om weer amigurimi te doen, maar hierdie keer met 'n groter hekelpen as die Maltesers, so dit het lekker vinnig gegaan.  Die patroon vir die hart bestaan uit drie groottes, en hierdie een is die grootste van die drie, en dis regtig vreeslik maklik en vinnig om te doen. (Die patroon is op die "Hekelpatrone wat ek al gebruik het" tab as jy ook jou hart met iemand wil deel.)

'n Baie oulike manier om harte uit te stal, is soos Shani van "Happiest at Home" gedoen het. Of dit nou blomme of gehekelde harte is, albei lyk pragtig in 'n blompot!


Hier is my hart - reg om te pryk in Delia se kiekies.


Sunday, 12 December 2010

36. Polsagtig

Die afgelope twee weke was die flippin koud hier by ons. Minus 2, sneeu en Siberiese winde koud! My groen wol handskoentjies lyk vreeslik mooi maar die arme outjies kon nie my warm hou nie, so toe koop ek vir my Thermolite fleece handskoene, sommer so op eBay. 'n Beautifull teal en 'n diep roop - teal om te pas by my winter jas, en rooi om te pas by my rooi cowl. Die handskoene is heerlik warm, maar hulle maak nie my polse so lekker toe nie. Ek het mos vreeslike lang vingers (letterlik) so 'n "one size fits all" handskoentjie is bietjie kort.

Volgens my is daar egter geen probleem wat nie met 1)  'n bekertjie tee en/of  2) 'n hekelpatroon gefix kan word nie.  Earl Grey flavoured Rooibos (my gunsteling tee - dankie DragonFly teas!) in die hand gaan loer ek op Ravelry en kry sommer baie vinnig 'n wrist warmer patroon - Kalurah se "Ruffled Cufflette". Dis mos perfek vir my penarie want ek soek nie nuwe handskoene nie, ek soek net 'n manier om my polse warm te hou. Die patroon is 'n gratis Ravelry download, so as jy nie deel is van Ravelry nie, email my net en ek sal die pdf vir jou epos.

Ek het alreeds 'n beautifull teal Stylecraft DK wol gehad wat perfek gewerk het. Dit was super vinnig en super maklik om te hekel. Ek het een halfpad gehekel op die trein!

Ek moes natuurlik 'n ou knopie by werk vir die mooi. Julle weet mos. Elkeen het drie knopies - 'n donker pers, steen kleur en rooi, maar ek het die donker pers en rooi afgewissel op elk. 

Hulle eerste test run was na ons gunsterling kwekery vir tea & scones. Dit was 'n reuse sukses!


Friday, 3 December 2010

35. Twinkle twinkle little hooky star

Kan julle glo dis alweer amper Kersfees?! Dit voel soos noudie dag wat ek die sirkel versierings vir ons kersboom klaar gemaak het! How time flies when you're having fun, hey?

Met die terugkyk op die foto's van verlede jaar se boom, lyk dit skielik vir my so bietjie vaal. So asof dit nog 'n hang dingetjie nodig het. Wat dink julle?

Ek dink 'n ietsie granny square-erig sal die ding doen, en wat beter as 'n granny sterretjie soos uitgedink deur The Royal Sisters. (Soos gewoonlik is daar 'n link direk na die patroon op die "tab" aan die bokant van die bladsy.)
Ek het dit vreeslik geniet om hulle te maak - 'n plesierige paar uur op die sitkamer rusbank.






Sodra die Kersboom staan, en die outjies hang, sal ek weer 'n foto neem vir julle. Aan die Suidelike Halfrond lesers: geniet die sonskyn, en aan die Noordelike Halfrond lesers: geniet die sneeu!


Saturday, 30 October 2010

31. Slaapsokkie revival

Onthou julle die dae van kerk bazaars en slaapsokkies op die tombola tafel? Of het jy ook 'n ouma gehad wat getrou elke jaar 'n paar pastelkleurige slaapsokkies gebrei het soos dies hieronder? Die sokkies wat my ouma het vir ons gebrei wat 'n dun gebreide toutjie gehad het wat jy kon styf trek om jou enkel maar ek kon nie 'n foto van daai tipe kry nie, nie eens op Ravelry nie. Haar patroon kom seker uit 'n Huisgenoot circa 1975.
.

Ek kan onthou dat ek en my broer in die winter tog te heerlik, in ons slaapklere en kamerjassies op die voorportaal leiklipteels en kombuis linoleum rond gegly het en imagine het ons ysskaats - tot iemand natuurlik sy gat gesien het. Jy kry so 'n running start en dan "ski" jy so vêr as wat jy kan. Slaapsokkies was cool!

Dit was dan seker inevitable dat ek dus ook eendag 'n paar slaapsokkies sou hekel. Maar myne is natuurlik bietjie anderste as Ouma s'n. Myne word gemaak van 6 granny squares en dit lyk soos Indiese slippertjies! Die patroon is vir "felted slippers" en ek het regte wol gebruik ( Patons Fairytale Wool DK) en dit gefelt in die wasmasjien, maar ek dink die wol was nie "wollerig" genoeg nie. Al wat gebeur het, is dit het net super sag en fluffy geraak. Niks verkeerd daarmee nie, en ek is mal oor my slaapsokkies.
Die slippertjie patroon is regtig vreeslik slim uitgedink. Die 6 blokkies word as volg aanmekaar gewerk en as if by magic, vorm dit dan 'n skoentjie!
My ma kan getuig daarvan dat dit super vinnig gehekel kan word. Ek het tydens my onlangse vakansie in die Kaap al 6 blokkies van een skoen binne 2 ure gehekel en in stroke aanmekaar gewerk! Dit het net bietjie kop-hou geverg om die regte sye aan mekaar vas te werk - die reuke uit my ma se kombuis was net te sterk vir my om goed genoeg te konsentreer, so slippertjies was klaar gemaak terug in Engeland waar daar nie karringmelk beskuit reuke is om mens se aandag af te trek nie :)

Die patroon vir die slaapsokkies is beskikbaar op Ravelry as 'n "free download" genaamd "Felted Granny Slippers" deur Maria Thorgren-Hansson maar as jy nie 'n Ravelry account het nie, email my en ek sal die .pdf vir jou epos. How nice am I? :)

Sunday, 7 February 2010

24. Juweliersware ta-daah!

Vandag share ek met julle 'n paar stukkies juweliersware wat ek gehekel het. Ek het aan die oukies gewerk tussendeur die groen maltezers.

Ek vermoed eintlik ek het 'n hekel weergawe van ADD want ek kan net nie lank aan een ding werk nie! Die temptasie is net te groot om aan te beweeg na 'n kort oulike projekkie. But fear not, ek is terug op die groen malteser bandwagon en sal spoedig 'n afgehandelde projekkie hê om vir julle te wys.
Nou eers terug na wat ek julle vandag wil wys.
Hier is die halsnoertjie wat als afgeskop het.

Die gratis hekelpatroon is, soos gewoonlik, aan die regterkant van die blog. Dit was vreeslik maklik en vinnig om te maak. Ek verbeel my dis 'n string perels en dat ek bietjie soos Audrey Hepburn lyk as ek dit aan het. (Fat chance!) Die halsnoertjie gaan nog baie die Somer gedra word en dit lyk natuurlik baie beter by 'n t-shirt met 'n laer hals as die een wat ek in die foto aan het.
Tipies Natasja, kon ek nie weerstaan om die patroon bietjie aan te pas en te speel met die lengte en kleur nie, so....... dis toe wat ek gemaak het:



Die bont wolletjie is dieselfde een as wat ek gebruik het vir my kopband. But wait, there's more! Sien julle die onderste blommetjie? Wel, dis eintlik 'n borsspeld! Die boonste blommetjie is deel van die halsnoer, maar die onderste een kan afgehaal word en vir iets anders gebruik word. Iets soos....
'n borsspel vir my winter jas!
Is dit nou nie te skattig (soos my broer sou sê) nie?
Ooooe, dit gee my so 'n groot lekkerkry om te weet dat ek die enigste mens is op aarde wat presies so 'n halsnoertjie en borsspeld het. Okay, technically kan iemand dit seker probeer namaak maar dit sal nooit presies soos myne kan wees nie, en dis 'n fabulous gedagte vir my!

Sunday, 6 December 2009

20. IdentiteitsKrisisKombers

'n Paar weke gelede het ek julle mos 'n voorsmakie gegee van my nuutste hekelprojek. Is dit 'n serp? Is dit 'n belt? Nee, dis 'n dubbelbed kombers!!!!!! Ja maters, ek hekel 'n kombers vir ons bed. Dis 'n moerse projek. Gaan kyk gou na jou slaapkamer duvet. Sien jy hoe lank en hoe wyd hy is? Nou dis wat ek hekel. En hekel. En hekel. En hekel.

Dis hoe vêr ek al is:



My liewe man het aan die begin van die projek heeltyd gesê wat 'n mooi ou serpie dit sal maak. Hoe meer ek vir hom sê nee, dis die begin van 'n kombers, hoe meer draai hy dit om sy nek en modelleer vir my die mooi serpie. Flippit! Nou het ek darem al vêr genoeg gehekel dat dit te groot is vir serpie-speel maar steeds noem hy dit 'n serp. Gggrrrrr.

Ek moet erken, die patroon leen homself baie oulik na 'n serp (maar dis net tussen my en julle, Johan mag nooit uitvind nie). En ek sal seker nog eendag die patroon gebruik vir 'n serp, maar ek wil eers vreeeeslik graag 'n kombers hekel. 'n Serp, 'n kussing en 'n kombers is die drie goed wat enige hooker ten minste een keer in hulle hookylewe moet maak. 2 Down, 1 to go.

Ons Granny en Grandpa kussings lyk ook vir my so asof hulle 'n maatjie soek, en wat beter as 'n ou bersie in dieselfde kleure! (Maar vir die rekord moet ek net sê dat Johan net ingestem tot 'n gehekelde kombers as daar geen pienk gebruik word nie. Klein prys om te betaal om my hekel sin te kry :-)).
Daar is 'n derde rede vir my lus vir kombers hekel. Ek kan onthou dat daar 'n dag was toe ek seker so 5 jaar oud was, wat ek op die grond by my oumagrootjie, Aggie, se voete gaan sit het en met totale verwondering gekyk het hoe sy 'n kombers hekel. Sy het in die eetkamer in 'n stoel gesit met 'n ligte geel kombers oor haar bene, maar toe ek nader stap sien ek die kort silwer hekelpen in haar een hand en die beweging van haar wysvinger van die ander hand. Daar besef ek toe dat Ouma Aggie sit en hekel aan 'n kombers wat reeds so groot is dat sy onder dit kan sit! Ek was blown away en vreeslik beindruk met my oulike oumagrootjie.
Ek het vir haar gesê dat dit baie slim is van haar om iets te maak wat haar warm hou terwyl sy nog daaraan werk. Ek weet nie meer wat sy vir my terug gesê het nie maar ek kan onthou dat sy 'n baie knowing smile gekry het en vir my bietjie gewys het wat sy doen. My klein koppie kon net nie uitfigure hoe dit moontlik is dit een metaal pennetjie en haar wysvinger iets so groot soos 'n kombers kon create nie. Ek was gewoond aan my ma wat brei, maar daarvoor het jy twee lang breipenne nodig en daar was altyd vreeslik baie lussies op een of albei van die penne. Maar hier sit Aggie met 'n kort silwer stokkie, wat nooit meer as 3 lussies op het nie, en sy maak groter goed as my Ma met haar breiwerk! Dis mos magic!
Deur die jare was daai liggeel kombers my gunsteling vir middagslapies. Hy het selfs saam met my getrek toe ek en Johan in ons woonstelle in die Kaap gewoon het.

Nou, meer as 25 jaar later het daai experience met Ouma Aggie nog steeds 'n uitwerking op my, al het ek dit nie dadelik besef nie. Drie weke gelede is ek op Ravelry, besig om deur die 3191 kombers patrone te gaan het op soek na 'n patroon vir my kombers. Een patroon het dadelik vir my uitgestaan: Spicy Delights Afghan (daar is 'n link op die "tab" aan die bokant van die bladsy), en ek dink dis Ouma Aggie wat my na daai patroon gelei het, want weet julle wat? Dis dieselfde patroon as Aggie se lig geel bersie!!!!!!! Maar die weird ding is dat ek eers agtergekom het dis dieselfde, toe ek alreeds 5 rye gehekel het - nie toe ek die patroon gekies het nie!

Aggie sal miskien nie 6 kleure vir haar kombers gekies het nie, my oupa-grootjie sou nooit durf waag het om haar handewerk 'n kompleks te gee nie, sy het haarself beslis nie leer hekel met YouTube nie en sy sou nooit gedink het dat haar agter-kleinkind in Engeland sal sit terwyl sy dit hekel nie, maar ek's seker sy glimlag net so mooi vir my soos daai dag toe ek groot-oog en met totale verwondering by haar voete gesit het.

Tuesday, 17 November 2009

17. Ta-daah!!

Al die kersversierings is klaar gehekel!

Ek het 27 goedjies wat kan hang, plus 'n sterretjie vir heel bo-aan die boom.



Die sterretjie het van begin tot einde net 3 ure geneem (dis nou as ek al die "tea breaks" en opstaan om vir Johan te wys na elke puntjie klaar gehekel is, aftrek). Ek sal enige tyd nog van die oulike sterretjies kan maak. Dis so maklik en cute!

Ek sien op Ravelry dat daar 'n vrou is wat hierdie Super Mario sterretjies maak om in die broeikaste van vroeg gebore babatjies te sit. Dis mos sag en klein so dis die ideale "speelgoed" vir 'n piep klein babatjie.


Nou wag ek net vir kersfeesboom om opgeslaan te word. Hoe lank nog tot die 1ste Desember???!!!!

Sunday, 11 October 2009

12. Leë blikke

Maak nie die meeste geraas nie, hulle lyk die mooiste!

1. Neem een standaard blikkie:


2. Hekel 'n paar rye voor die TV terwyl X-factor aan is:


3. Staar oop mond na die new look blikkie wat nou so pragtig lyk en gebruik hom as

a) 'n blompotjie bo-op die yskas; of



b) 'n houer vir eetgerei; of

c) 'n penne houer.


Ek gaan nou nooit weer leë blikkies in die recycling bin gooi nie, ek hekel net 'n mooi jassie en gebruik dit weer! 'n Hooker's way of recycling :-)
Okay sien julle later, ek gaan nou eers die kombuiskas in vaar opsoek na blikkieskos.

Saturday, 3 October 2009

11. The making of 'n Liewe Heksie serp

Ek dink ek gaan julle vandag wys hoe ek die 34 heksies vir my serp maak. Wil julle sien? Wil julle huh? Okay, kyk hier.

Rondte een is 'n wieletjie met twaalf sparretjies:


Die tweede rondte in al my heksies gaan spier wit wees (al die ander rondtes is net 'n mallemoes van die ander vyf kleure) want die "bobble stitch" wat ek in hierdie rondte moet maak, lyk vir my nes blomblaartjies. In my kop hekel ek dus wit Magrietjies.


Rondte drie is dieselfde groepie van drie stekies (mens noem die groepie 'n "shell") wat mens vir Granny Squares gebruik. Die rondte gaan sommer baie vinnig want ek wizz deur die shells - dankie Grandpa en Grannny kussings.


Rondte vier is net 'n stringetjie van kettingstekies wat jy anker in die opening tussen die vorige rondte se shells.


En dan in rondte vyf, die laaste rondte, gebeur die magic. Die sirkel verander in 'n heksagon! Jy werk weer shells soos in die vorige rondte, behalwe dat jy in elke tweede spasie TWEE shells maak en die twee shells met twee kettingstekies verbind. Dis daai groepie van twee-shells-en-twee-kettingstekies wat die hoekies maak. Hoe amazing is dit?!


Dieselfde tipe ding gebeur met Granny Squares. Jy maak ook 'n wieletjie en in jou tweede rondte maak jy shells wat met twee kettingstekies verbind word, en dan skielik is jou sirkel sommer 'n vierkant. My kop spin as ek dink dat iemand eendag gesit en hekel het en dit uitgefigure het. Op Ravelry (die Facebook van hekel en breiwerk) is daar soveel mense wat patrone uitdink of bestaande patrone verander om hulle te pas. Ek is beslis nog nie daar nie, maar dis lekker dat die ander slim vrouens hulle oulike patrone met mense soos ek deel.

So daar het julle nou een heksagon sien vorm neem. Oulik nê?

Ek het nou al 'n hele paar heksies gehekel en geniet my gate uit om hulle uit te pak, op te stapel en sommer as coasters te gebruik. Ek freak heeltemal uit as ek so na al die kleurkombinasies kyk!




Okay, enough blogging, I've got to get hooking!

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...