Showing posts with label Kersfees. Show all posts
Showing posts with label Kersfees. Show all posts

Friday, 3 December 2010

35. Twinkle twinkle little hooky star

Kan julle glo dis alweer amper Kersfees?! Dit voel soos noudie dag wat ek die sirkel versierings vir ons kersboom klaar gemaak het! How time flies when you're having fun, hey?

Met die terugkyk op die foto's van verlede jaar se boom, lyk dit skielik vir my so bietjie vaal. So asof dit nog 'n hang dingetjie nodig het. Wat dink julle?

Ek dink 'n ietsie granny square-erig sal die ding doen, en wat beter as 'n granny sterretjie soos uitgedink deur The Royal Sisters. (Soos gewoonlik is daar 'n link direk na die patroon op die "tab" aan die bokant van die bladsy.)
Ek het dit vreeslik geniet om hulle te maak - 'n plesierige paar uur op die sitkamer rusbank.






Sodra die Kersboom staan, en die outjies hang, sal ek weer 'n foto neem vir julle. Aan die Suidelike Halfrond lesers: geniet die sonskyn, en aan die Noordelike Halfrond lesers: geniet die sneeu!


Monday, 30 November 2009

19. Die Kersboom is op!

Ja ek weet dis nog nie die 1ste Desember nie, maar ek het Johan oorreed dat "die eerste naweek voor die 1ste Desember" net so goed is :-)

Lyk die sirkeltjies nie te cute nie???!!!! Ek's mal daaroor!

Die rooi en wit gingham lintjie wat om die boom draai het ek verlede naweek in Ripley gekoop, en dit pas so mooi by die gehekelde versierings!



Ek moet erken dit was nogal moeilik om Saterdagaand TV te kyk want my oog word, asof deur 'n rooi en groen magneet, boom se kant toe getrek. Dis net so beautifull!
Ek wonder waarvoor kan ek die versierings nog gebruik want ek wil hulle nie hoef weg te pak nie!

Tuesday, 17 November 2009

17. Ta-daah!!

Al die kersversierings is klaar gehekel!

Ek het 27 goedjies wat kan hang, plus 'n sterretjie vir heel bo-aan die boom.



Die sterretjie het van begin tot einde net 3 ure geneem (dis nou as ek al die "tea breaks" en opstaan om vir Johan te wys na elke puntjie klaar gehekel is, aftrek). Ek sal enige tyd nog van die oulike sterretjies kan maak. Dis so maklik en cute!

Ek sien op Ravelry dat daar 'n vrou is wat hierdie Super Mario sterretjies maak om in die broeikaste van vroeg gebore babatjies te sit. Dis mos sag en klein so dis die ideale "speelgoed" vir 'n piep klein babatjie.


Nou wag ek net vir kersfeesboom om opgeslaan te word. Hoe lank nog tot die 1ste Desember???!!!!

Friday, 6 November 2009

16. It's beginning to look

♪ a lot like Klithsmaths, laaah-die-dah-die-dah! ♪♪ (Die woord Christmas moet net gesing word met 'n lisp soos hulle doen in Home Alone 2 en laaah-die-dah-die-dah is eintlik "everywhere you go" but who cares.)
Dis November so Kersfees is in volle swang in Londen. Oxford Street, St. Pauls en Regent Street se kersfeesliggies is Dinsdagaand aangeskakel, Harrods s'n al die 29ste Oktober!!, en Harrods se Santa's Grotto is van Saterdag af oop. Die winkels is vol kersfeeskoek, kersbome, mince pies (ons het ons eerste boks mince pies die 31ste Oktober gekoop, en die boksie was voor 1 November in die drom), hope en hope en hope speelgoed en natuurlik gevriesde klein volstruisies (okay, kalkoen). Dan praat ek nie eens van hoe mooi die winkelsentrums lyk nie! Dis net liggies orals waar jy kyk. My gunsteling is Kersfees markies, en in Kingston is daar sommer twee om uit te kies, onder andere 'n Duitse ene! (Ek sal vir julle foto's oplaai wanneer ons daar was).
Dis heerlik om kersfees te hou in Engeland!! Als is so vrolik! Ek dink dis nogal nice om te dink dat die grootste deel van die geld wat uitgegee word in die Kersgety, spandeer word op geskenke vir familie en vriende, of op eetgoed wat gedeel gaan word met vriende en familie. Dit gee my sommer so 'n warm and fuzzy feeling.
Noudat ek hekel kyk ek natuurlik ook na Kersfees in 'n heel ander lig. Ek het 'n hekelboek wishlist op Amazon (Liefie, take note!), ek wonder of mense hekelwerk as kersgeskenke wil hê (ek vermoed die antwoord is nee want ek is die enigste een wat hekelmal is) en ek soek patrone om kersfees tema goedjies te maak. Gelukkig hoef ek glad nie vêr te soek vir patrone nie. In my Liewe Heksie serp is daar hier en daar heksies waar die eerste 3 rondtes rooi, wit en groen rondtes is, en dit skree mos Kersfees. Ek ken die patroon, ek het die wol en ek het beslis die lus, so nou hekel ek Kersfeesboom versierings!
Die plan is om 18 x 3-rondte, 3-kleur sirkels te maak, en 12 x 2-rondte, 1-kleur sirkeltjies. Ek maak 'n voorkant en 'n agterkant vir elkeen (want mens kyk mos na die boom van alle kante en ek wil nie rafeltjies sien wat die look bederf nie) so dit neem bietjie langer. Ek het nog 'n hele paar om te maak maar hier is solank foto's van wat ek het.
Elke boom het natuurlik ook 'n ster ook nodig en daarvoor het ek 'n "Super Mario Invicibility Star" patroon gekry. Cute nê?
Volgens die patroon met jy die sterretjie opstop maar ek gaan net stywe interfacing aan die verkeerde kant van albei sterre vas stryk voor ek dit aanmekaar werk, en dan 'n opening los tussen twee van sy beentjies sodat dit oor die toppunt van die boom kan pas. Natuurlik sal ek ook nie ogies borduur nie want dit moet 'n heel beskaafde, bedeesde wit ster wees.

Ek hoop julle Kersfeesplanne vorder ook mooi!

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...