Thursday, 3 February 2011

42. Wollerige koraalriwwe

Huidiglik by die Smithsonian Museum of Natural History in Washing DC is daar 'n reuse gehekelde koraalrif. Ja, 'n koraalrif.

Dis die Hyperbolic Coral Reef Project:

The Hyperbolic Crochet Coral Reef is a woolly celebration of the intersection of higher geometry and feminine handicraft, and a testimony to the disappearing wonders of the marine world.

The inspiration for making crochet reef forms begins with the technique of "hyperbolic crochet" discovered in 1997 by Cornell University mathematician Dr. Daina Taimina. The Wertheim sisters adopted Dr Taimina's techniques and elaborated upon them to develop a whole taxonomy of reef-life forms. Loopy "kelps", fringed "anemones", crenelated "sea slugs", and curlicued "corals" have all been modeled with these methods. The basic process for making these forms is a simple pattern or algorithm, which on its own produces a mathematically pure shape, but by varying or mutating this algorithm, endless variations and permutations of shape and form can be produced. The Crochet Reef project thus becomes an on-going evolutionary experiment in which the worldwide community of Reefers brings into being an ever-evolving crochet "tree of life."
Die 4000 individuele stukke hekelwerk is deur 800 mense van reg oor die wêreld gehekel. In verskeie lande was daar ook sateliet groepe, waar elke stad sy eie mini koraalrif gehekel het - onder andere in Woodstock, Suid-Afrika en ook hier in Engeland. Wat my egter fassineer, is hoe verskriklik, amazingly mooi dit is! As ek in 2008 al gehekel het (dis toe die Britse sateliet groep hulle ding gedoen het) sou ek beslis wou saam hekel!




Koraalriwwe is besig om uit te bleik en te sterf:




Vir meer inligting oor die projek kan jy hul website besoek. Kom ons hou duim vas die uitstalling maak eendag weer 'n draai in Engeland en/of Suid-Afrika, en dat daar genoeg bewustheid geskep is om die koraalriwwe van die wêreld te red!

Tuesday, 1 February 2011

41. Dit hang net af hoe mens daarna kyk

Ek voel die afgelope paar dae vreeslik down in the dumps omdat ek nie voltyds kan hekel nie. Ek wil so graag die lewe van 'n huisvrou hê waar ek enige tyd kan gaan sit en hekel, of 11 uur die oggend kan gaan na 'n wolwinkel en inskakel by 'n hekelgroepie. Ek het selfs gedink dat ek van die huis af 'n hekel besigheid wil hê, of sommer my werk wil bedank en 'n wolwinkel gaan werk. Daar is net een minor detail - die geld. My voltydse werk as 'n PA in 'n baie groot prokureursfirma betaal goed, so ek sal moet vrek baie hekel, of vreeslike lang ure werk in 'n wolwinkel om dieselfde te verdien. Ek dink nogal dit sal dan ook die joy uit die hekel neem want ek sal dit MOET doen, nie net waneer ek WIL nie. Ek werk ook tans vir vreeslike nice mense, en ek het nie baie stres nie.

Dit laat my toe bietjie dink dat ek miskien net moet dankbaar wees vir wat ek het, en my werk moet sien vir wat dit is: 'n bron van inkomste sodat ek my hekel verslawing kan voed.

Ek vermoed daar is in elk geval baie meer vroue in dieselfde bootjie as ek - kreatiewe mense met 'n voltydse werk wat smag daarna om op te hou werk - as wat daar die "lucky few" is wat heeldag net kan sit en hekel.

Verlede week het ek afgekom op 'n groep kreatiewe mense wat na werk bymekaar kom in Londen vir hekel, brei, en enige ander crafty ding. Daar is 406 lede in die groep, en van wat ek kan aflei, woon tussen 8 en 12 mense die weeklikse get togethers by. Dit beteken dat daar ten minste 406 ander vroue is wat voltyds werk in Londen en dus net na 18:00 by 'n kreatiewe groepie kan inskakel, mense nes ek. Die feit dat daar minder as 20 is wat op 'n slag die kuiers bywoon, sê eintlik nog meer - vroue is moeg gewerk en daar is eintlik maar bra min van ons wat die krag kan bymekaarskraap om na werk te kuier saam met ander kreatiewe mense. Dis nogal 'n troos vir my. I'm not alone. En as ek gelukkig genoeg is om wel die kuiers by te woon, moet ek myself as baie bevoorreg ag.

Die volgende hekel kuier van hierdie groep is 21 Februarie, en ek het reeds ge-RSVP dat ek daar gaan wees! In die tussentyd kan ek naweke hekel, in die trein, en selfs in my etensuur in die leë kantoor van my baas wat op kraamverlof is. Met my salaris kan ek wol koop, en ek kan in skakel by 'n groep vroue wat na werk sit en hekel in 'n coffeeshop. Dis mos glad nie so sleg nie! Dit hang net af hoe mens daarna kyk...

There is nothing either good or bad, but thinking makes it so. ~ William Shakespear

Monday, 24 January 2011

40. Hekel = (weird) kuns

Terwyl ons in Miami was, het ons elke dag verby hierdie gehekelde fiets gestap. Ek moet bieg, ek het nie die foto hieronder geneem nie want die oorgetrekde fiets (sonder 'n voorwiel) is nie vir my baie mooi nie en dit het eintlik gelyk soos iets wat iemand daar vergeet het en was sommer net scruffy.


Vandag sien ek op Sarah London se blog dat 'n kunstenaar, Olek, op Oujaarsdag die Wall Street bul met hekelwerk oorgetrek het as 'n kersgeskenke aan New York. Baie baie cool! Die hekelpatroon en kleure, herhinner my toe aan die fiets wat ons in Miami gesien het. Turns out, Olek trek fietse in hekelwerk oor, reg oor Amerika en ek het dus elke dag verby een van haar "street art" kunswerke gestap!  Nou's ek bietjie spyt ek het nie meer aandag gegee aan die fiets, of darem ge"pose" daarby nie.

Olek (regte naam Agata Oleksiak) is 'n bietjie van 'n rebel: 'n guerilla artist:

Street art is any art developed in public spaces — that is, "in the streets" — though the term usually refers to unsanctioned art, as opposed to government sponsored initiatives. The term can include traditional graffiti artwork, stencil graffiti, sticker art, wheatpasting and street poster art, video projection, art intervention, guerrilla art, flash mobbing and street installations.

Julle kan nog van Olek se installasies sien op haar website. Hieronder is 'n foto van haar werk by haar nuutste kunsuitstalling. Alles, soos in alles, is in hekelwerk oorgetrek - selfs die mense!!!


Sy is bietjie (baie) out there. Ek dink sulke super kreatiewe mense is baie cool, en dis amazing dat hulle 'n lewe kan maak deur net way out goed te doen. Ek sal egter nie my hekelwerk so kan, of wil, gebruik nie, maar ek hou van die naam van haar kunsuitstalling: Knitting is for pu**ies. Got to love it man!

Friday, 21 January 2011

39. ekHekel in jou Inbox

Noudat ek:

1) deel is van, (en die Ravelry groep gestig het vir) Sarah London se Crochet a Rainbow projek;
2) die "inspirational kick (up the backside)" gekry het wat ek nodig gehad het;
3) die son nou uiteindelik later begin sak wat beteken dat ek nie voel ek wil 8 uur gaan slaap nie;
4) my volgende vakansie eers weer in Junie is en ek dus meer naweke tuis sal spandeer;
5) ek so bleddie baie uitsien na sit en hekel

sal ek seker meer gereeld blog oor my hekelwerk. Daarom het ek Feedburner se widget install sodat lesers van die blog elke nuwe inskrywing sommer direk in hul inbox kan kry.

Tik net jou epos adres in die spasietjie aan die linkerkant van die blog en kliek op "Subscribe".

Daar gaat sy!

Wednesday, 19 January 2011

38. Wat 'n wonderlike projek!

Die Universe werk darem op amazing maniere. Net gister vertel ek julle dat ek vreeslik graag weer wil hekel, en vanoggend kry ek 'n "blog alert" van Sarah London se blog. Sarah vra dat ons granny squares moet hekel en vir haar stuur sodat sy dit in komberse kan verander om te gee vir al die mensies in Queensland wat deur die vloede hul besittings verloor het.

Dis so 'n nice gesture, en die perfekte ding om my weer my gat in rat te laat kry.

As jy ook wil deel wees van haar "Crochet a Rainbow" projek, kliek hier.

Tuesday, 18 January 2011

37. Constant Craving

Ek wil net sê ek weet dat ek vreeslik lanklaas gehekel het, en dus ook vreeslik lanklaas geblog het, maar in my hart hook ek elke dag. Dis 'n Constant Craving soos waarvan K.D. Lang sing. Maar daar is net nie tyd en krag in die aande na werk vir hekel, en ek het ook nie eens die afgelope paar naweke kans gekry nie. Ek wil so graag kreatief wees en ek is mal oor hekel, maar my lyf kan net nie die energie bymekaar skraap om hekelpen en bolletjie wol op te tel nie. Dis seker maar die koue winter weer en vroeg donker wat my in hibernation mode sit.

Die laaste hekel was my wrist warmers, en dit was nog voor Kersfees! 'n Hele maand gelede! My wonderlike broer het by ons gekuier van Kersdag tot 2 Januarie, so in daai tyd wou ek net tyd saam met hom spandeer en van 8 - 15 Januarie was ons met vakansie in Miami Florida. Snaaks genoeg het ek nie my hekelwerk saam geneem nie want ek het gedink ek sal nie wil hekel nie - totally die teenoorgestelde! Terwyl ek in ons hotelkamer gesit het met 'n uitsig oor die see, wou ek soveel keer hekel maar helaas, die granny squares was by die huis.


Ek hoop en vertrou dat ek hierdie naweek, terwyl die wasmasjien woer en spin met die (hopelik) laaste bondel vakansie wasgoed, lekker sal kan sit en hekel want ai, ek mis dit! Ek werk tans aan 'n granny square oopknoop truitjie! Die kleure is pragtig, dis my gunsteling granny squares en ek maak die ontwerp vir die trui op soos ek aangaan, so dis regtig net soos speel. Om net daaroor te blog maak my happy!

O, voor ek vergeet. As "Susan" hierdie inskrywing lees, kan jy my asseblief jou epos adres stuur? Ek het gecomment op jou comment op die heel eerste inskrywing op die blog, maar jy het dit miskien gemis. Ek benodig net jou epos adres, dan sal ek vir jou 'n patroon stuur vir 'n gehekelde blommetjie.

Tot later dan hooky maters. Hopelik het ek een van die dae 'n gehekelde ietsie om vir julle te wys!

Sunday, 12 December 2010

36. Polsagtig

Die afgelope twee weke was die flippin koud hier by ons. Minus 2, sneeu en Siberiese winde koud! My groen wol handskoentjies lyk vreeslik mooi maar die arme outjies kon nie my warm hou nie, so toe koop ek vir my Thermolite fleece handskoene, sommer so op eBay. 'n Beautifull teal en 'n diep roop - teal om te pas by my winter jas, en rooi om te pas by my rooi cowl. Die handskoene is heerlik warm, maar hulle maak nie my polse so lekker toe nie. Ek het mos vreeslike lang vingers (letterlik) so 'n "one size fits all" handskoentjie is bietjie kort.

Volgens my is daar egter geen probleem wat nie met 1)  'n bekertjie tee en/of  2) 'n hekelpatroon gefix kan word nie.  Earl Grey flavoured Rooibos (my gunsteling tee - dankie DragonFly teas!) in die hand gaan loer ek op Ravelry en kry sommer baie vinnig 'n wrist warmer patroon - Kalurah se "Ruffled Cufflette". Dis mos perfek vir my penarie want ek soek nie nuwe handskoene nie, ek soek net 'n manier om my polse warm te hou. Die patroon is 'n gratis Ravelry download, so as jy nie deel is van Ravelry nie, email my net en ek sal die pdf vir jou epos.

Ek het alreeds 'n beautifull teal Stylecraft DK wol gehad wat perfek gewerk het. Dit was super vinnig en super maklik om te hekel. Ek het een halfpad gehekel op die trein!

Ek moes natuurlik 'n ou knopie by werk vir die mooi. Julle weet mos. Elkeen het drie knopies - 'n donker pers, steen kleur en rooi, maar ek het die donker pers en rooi afgewissel op elk. 

Hulle eerste test run was na ons gunsterling kwekery vir tea & scones. Dit was 'n reuse sukses!


LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...