Friday, 3 December 2010

35. Twinkle twinkle little hooky star

Kan julle glo dis alweer amper Kersfees?! Dit voel soos noudie dag wat ek die sirkel versierings vir ons kersboom klaar gemaak het! How time flies when you're having fun, hey?

Met die terugkyk op die foto's van verlede jaar se boom, lyk dit skielik vir my so bietjie vaal. So asof dit nog 'n hang dingetjie nodig het. Wat dink julle?

Ek dink 'n ietsie granny square-erig sal die ding doen, en wat beter as 'n granny sterretjie soos uitgedink deur The Royal Sisters. (Soos gewoonlik is daar 'n link direk na die patroon op die "tab" aan die bokant van die bladsy.)
Ek het dit vreeslik geniet om hulle te maak - 'n plesierige paar uur op die sitkamer rusbank.






Sodra die Kersboom staan, en die outjies hang, sal ek weer 'n foto neem vir julle. Aan die Suidelike Halfrond lesers: geniet die sonskyn, en aan die Noordelike Halfrond lesers: geniet die sneeu!


Saturday, 13 November 2010

34. Cowl jou hier, cowl jou daar en siedaar!

Raai wie het nou ook op die Cool Cowl bandwagon geklim. John! Yup, my man het gevra dat ek vir hom ook een moet hekel want "dis so anders".  Die enigste voorvereiste was dat dit grys moes wees. Ek het probeer druk vir 'n mooi helder blou, maar hy soek grys. Choose your battles en so nê. Ek was net happy om vir hom iets te kon hekel! Die patroon wat ek gebruik het was sooooo maklik (dis aan die regterkant van die bladsy saam met al die ander links). Dit het my regtig net 2 ure geneem om die hele cowl te hekel. Jy gebruik Super Chunky wol (ek het Stylecraft Super Chunky Life in Charcoal gebruik) en 'n no. 10 hekelpen so dit gaan vreeslik vinnig.



So vinnig dat ek vir myself ook een kon hekel dieselfde dag! Myne is Sirdar Big Softie se Cherry Pie.


 Terwyl ek hekel het ek natuurlik die cowl nou en dan oor my kop getrek om te sien of als darem mooi sit, en dit doen, maar ek het gedink ek kan daarop verbeter. Sien, die ding met 'n cowl is jy kan dit mos nie styf trek om jou keel soos 'n serp nie, so as hy nie reg lê nie kom die koue Engelse wind so bietjie in. Ek het toe maar halfpad deur die cowl die stekies begin verminder sodat dit dunner word hoe langer dit word, en dus stywer sit om jou nek. Die cowl het begin met 'n ketting van 55 steke, maar teen die einde was John s'n 48 steke, en myne 44 steke. Nou sit dit heerlik knus en behoede die wind wat wil in.



Hier is Twidle Dee en Twiddle Dum met hul matching cowls. Mens kan sien ons is al lank getroud, dit pla ons nou nie meer om bietjie dieselfde te lyk nie.





En 'n cowl is perfek vir crime fighting (or committing) in die Winter. Hands up of ek steek jou met my hekelpen!


Ek wil nog net een ding oor ons cowls sê: Holy cowl maar dis mooi!

Monday, 1 November 2010

33. 'n Grannie ommie nek

If you haven't guessed already, ek is bietjie dol oor granny squares. Ek vind dit extreem gaaf en schattig (dankie Annemarie's Breiblog vir die oulike Hollandse sêgoedjies).  Volgens my kan mens nooit genoeg grannies hekel nie, so toe ek afkom op Fanalaine se Granny Cowl op Ravelry het ek bietjie uitgefreak en amper in my broek gepiepie. Dis so 'n slim idee, en so ek!

Kyk, ek vrek ook mos oor 'n serp en het nou heelwat. Ek kan seker elke dag vir 2 weke lank 'n ander serp om my nek draai maar nes grannies, voel ek mens kan nooit genoeg serpe hê nie. (Come to think of  it, twee weke se voorraad van serpe is nie naastenby genoeg vir die 6 maande van die jaar wat dit so bliksems koud is in Engeland dat ek 'n serp nodig het nie....)  As dit grys en donker en nat is buite, wil ek nie ook nog verveeld raak met 'n dowwe eentonige ou serpie nie. As ek stasie toe stap, of huis toe stap in, wat voel soos, die middel van die nag help daai helder kleure om my nek vreeslik baie.

Fanalaine se Granny Cowl is egter nog beter as 'n serp. Nie net is dit gemaak van Grannies nie (yeah), daar is nie twee los punte soos met 'n serp nie. Dis een groot "loop" wat jy om jou nek draai. Ek kan dit selfs twee keer om my nek kry en een keer oor my kop sodat dit my ore ook kan warm hou.  Die cowl laat my dink aan 'n groot stuk cozy juweliersware. Totally prakties, warm en anderste!

Die wolle wat ek gebruik het vir die een is 'n mix van 100% wol (die middelste 2 rondtes van elke granny asook die rand), 100% katoen (die groen en pers) en chenille (die ligpienk). Dis vir my amazing hoe die groen net so perfek werk saam met die ander wolle. Briljant!






A cowl is the new black according to me. Hoekom serpe dra as jy kan cowls dra?! Wanneer my huidige projek klaar is (watch this space) dink ek ek sal sommer nog 'n cowl maak. 'Cause I can.


32. Sondagoggend

Dis hoe Sondagoggend in die King huishouding lyk. Oats pap, Paddy die iPad en hekelwerk in die bed. Sooo heerlik!



 

Saturday, 30 October 2010

31. Slaapsokkie revival

Onthou julle die dae van kerk bazaars en slaapsokkies op die tombola tafel? Of het jy ook 'n ouma gehad wat getrou elke jaar 'n paar pastelkleurige slaapsokkies gebrei het soos dies hieronder? Die sokkies wat my ouma het vir ons gebrei wat 'n dun gebreide toutjie gehad het wat jy kon styf trek om jou enkel maar ek kon nie 'n foto van daai tipe kry nie, nie eens op Ravelry nie. Haar patroon kom seker uit 'n Huisgenoot circa 1975.
.

Ek kan onthou dat ek en my broer in die winter tog te heerlik, in ons slaapklere en kamerjassies op die voorportaal leiklipteels en kombuis linoleum rond gegly het en imagine het ons ysskaats - tot iemand natuurlik sy gat gesien het. Jy kry so 'n running start en dan "ski" jy so vêr as wat jy kan. Slaapsokkies was cool!

Dit was dan seker inevitable dat ek dus ook eendag 'n paar slaapsokkies sou hekel. Maar myne is natuurlik bietjie anderste as Ouma s'n. Myne word gemaak van 6 granny squares en dit lyk soos Indiese slippertjies! Die patroon is vir "felted slippers" en ek het regte wol gebruik ( Patons Fairytale Wool DK) en dit gefelt in die wasmasjien, maar ek dink die wol was nie "wollerig" genoeg nie. Al wat gebeur het, is dit het net super sag en fluffy geraak. Niks verkeerd daarmee nie, en ek is mal oor my slaapsokkies.
Die slippertjie patroon is regtig vreeslik slim uitgedink. Die 6 blokkies word as volg aanmekaar gewerk en as if by magic, vorm dit dan 'n skoentjie!
My ma kan getuig daarvan dat dit super vinnig gehekel kan word. Ek het tydens my onlangse vakansie in die Kaap al 6 blokkies van een skoen binne 2 ure gehekel en in stroke aanmekaar gewerk! Dit het net bietjie kop-hou geverg om die regte sye aan mekaar vas te werk - die reuke uit my ma se kombuis was net te sterk vir my om goed genoeg te konsentreer, so slippertjies was klaar gemaak terug in Engeland waar daar nie karringmelk beskuit reuke is om mens se aandag af te trek nie :)

Die patroon vir die slaapsokkies is beskikbaar op Ravelry as 'n "free download" genaamd "Felted Granny Slippers" deur Maria Thorgren-Hansson maar as jy nie 'n Ravelry account het nie, email my en ek sal die .pdf vir jou epos. How nice am I? :)

Thursday, 28 October 2010

30. 'n Web van inspirasie

Kyk, die internet is 'n wonderlike ding! Is daar enige iets beter as om jou etensuur te spandeer op die groot wye spinnerak en te soek vir hekel patrone, wolle, te kyk wat ander kreatiewe mense hekel en sommer net inspirasie te kry?! My "favourites folder" hier op die werk PC is provol hekel websites. Flickr se crochet groups en Attic 24 vir inspirasie en "pick me ups" as die dag my druk en ek helder kleure en mooi goeders soek om na te kyk, MCA direct, Kemps Wool shop en Knitters and Sewers World waar ek al my wolle koop, en natuurlik die Big Daddy: Ravelry. Op Ravelry kan ek uuuure vas sit (wat stellig ook nogal baie gebeur: soveelso dat ek gister heellemal vergeet het van 'n diktasie vir een van my base!) Het ek gesê ek surf in my etensuur? Neem dit maar met 'n knippie sout - dis meer soos surf tydens ontbyt, tee tyd, net voor middagete, na middagete, gou 'n bietjie voor huis toe gaan tyd. Ag who am I kidding, dis die meeste van my dag! Hekel maak my happy, en dis nie asof ek niks werk gedoen kry nie (disregard gister se gevalletjie asseblief) so ek is eintlik meer produktief omdat ek myself omring met hekelgoedjies. Sien, dis die logieka van Hekel Addict. "My name is Natasja and I'm addicted to crochet. Hi Natasja"

Na hierdie inleiding wil ek julle nou vertel van 'n website wat ek vanoggend (voor werk en voor ek nog my skoene aan gehad het) gevind het: Yudu. Dis die plek waar jy electronic versions van Britanje se enigste 100% dedicated to crochet magazine, Inside Crochet, kan download vir £5!

Een van my Ravelry friends het die voorblad trui van die February/March 2010 uitgawe ge"favourite" en my hart het amper gaan staan toe ek dit sien. Ek MOET net daai wrap vir myself maak!!! Met verder hulp van Ravelry sien ek toe dat in hulle April/May 2009 uitgawe daar nog 'n mooi truitjie is wat ek ook net MOET maak. Maar wie is nou lus vir rondsoek in WH Smit vir hekel tydskrifte, so terug na die groot wye spinnerak en siedaar: ek kan die tydskrifte download! Hoera!

'n Ander hekel tydskrif wat jy net online kan sien, en dus net kan download, is Crochet! Ek het (nog) nie subscribe nie, maar kry wel hulle gratis nuusbrief en nou en dan is daar 'n gratis patroon in die nuusbrief.

Oe, ek sien dat Knit and Sew het 'n epos gestuur om te bevestig dat die 6 bolle wol wat ek vir my nuwe projek (details to follow) gekoop het, gepos is! Online shopping en wolle deur die pos is so cool!

Met 'n lied in my hart sal ek nou bietjie filing gaan doen. O wee, dis 12:30 so dis sotesê middagete tyd en ek kan mos nie begin met filing as ek dit nie sal kan klaar maak nie. Ek sal maar net die tyd produktief gebruik en gaan loer op Ravelry tot 2 uur :-)

Friday, 6 August 2010

29. Dis nou 'n slim kar!

Ek is mal oor 'n Smart car. John wou al vele keer vir my ene koop, maar al wat ons keer, is dat die outjies so bietjie lig in die broek lyk vir ry op 'n snelweg. Maar hulle is sooo oulik! Vanoggend sien ek hierdie op 'n hekelwebsite se nuusbrief, en nou's ek 100 miljoen keer meer opgewonde oor 'n Smart car:



Kyk net daai granny squares op die deure! En die strepies dak! I want one!!!!
Die vrou wat gehekel het, is 'n kunstenaar, Magda Sayeg. Lees haar blog hier. Die kar is deel van haar tentoonstelling by Rome se Il Lusso Essenziale, “an arts festival that celebrates the rediscovery of the extraordinary nature of everyday life”.
As ek so 'n Smart car het sal my everyday life, beslis omskep word in iets extraordinary!
Smart car + kreatief + hekel = ek wil een hê!

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...