Saturday, 30 October 2010

31. Slaapsokkie revival

Onthou julle die dae van kerk bazaars en slaapsokkies op die tombola tafel? Of het jy ook 'n ouma gehad wat getrou elke jaar 'n paar pastelkleurige slaapsokkies gebrei het soos dies hieronder? Die sokkies wat my ouma het vir ons gebrei wat 'n dun gebreide toutjie gehad het wat jy kon styf trek om jou enkel maar ek kon nie 'n foto van daai tipe kry nie, nie eens op Ravelry nie. Haar patroon kom seker uit 'n Huisgenoot circa 1975.
.

Ek kan onthou dat ek en my broer in die winter tog te heerlik, in ons slaapklere en kamerjassies op die voorportaal leiklipteels en kombuis linoleum rond gegly het en imagine het ons ysskaats - tot iemand natuurlik sy gat gesien het. Jy kry so 'n running start en dan "ski" jy so vêr as wat jy kan. Slaapsokkies was cool!

Dit was dan seker inevitable dat ek dus ook eendag 'n paar slaapsokkies sou hekel. Maar myne is natuurlik bietjie anderste as Ouma s'n. Myne word gemaak van 6 granny squares en dit lyk soos Indiese slippertjies! Die patroon is vir "felted slippers" en ek het regte wol gebruik ( Patons Fairytale Wool DK) en dit gefelt in die wasmasjien, maar ek dink die wol was nie "wollerig" genoeg nie. Al wat gebeur het, is dit het net super sag en fluffy geraak. Niks verkeerd daarmee nie, en ek is mal oor my slaapsokkies.
Die slippertjie patroon is regtig vreeslik slim uitgedink. Die 6 blokkies word as volg aanmekaar gewerk en as if by magic, vorm dit dan 'n skoentjie!
My ma kan getuig daarvan dat dit super vinnig gehekel kan word. Ek het tydens my onlangse vakansie in die Kaap al 6 blokkies van een skoen binne 2 ure gehekel en in stroke aanmekaar gewerk! Dit het net bietjie kop-hou geverg om die regte sye aan mekaar vas te werk - die reuke uit my ma se kombuis was net te sterk vir my om goed genoeg te konsentreer, so slippertjies was klaar gemaak terug in Engeland waar daar nie karringmelk beskuit reuke is om mens se aandag af te trek nie :)

Die patroon vir die slaapsokkies is beskikbaar op Ravelry as 'n "free download" genaamd "Felted Granny Slippers" deur Maria Thorgren-Hansson maar as jy nie 'n Ravelry account het nie, email my en ek sal die .pdf vir jou epos. How nice am I? :)

Thursday, 28 October 2010

30. 'n Web van inspirasie

Kyk, die internet is 'n wonderlike ding! Is daar enige iets beter as om jou etensuur te spandeer op die groot wye spinnerak en te soek vir hekel patrone, wolle, te kyk wat ander kreatiewe mense hekel en sommer net inspirasie te kry?! My "favourites folder" hier op die werk PC is provol hekel websites. Flickr se crochet groups en Attic 24 vir inspirasie en "pick me ups" as die dag my druk en ek helder kleure en mooi goeders soek om na te kyk, MCA direct, Kemps Wool shop en Knitters and Sewers World waar ek al my wolle koop, en natuurlik die Big Daddy: Ravelry. Op Ravelry kan ek uuuure vas sit (wat stellig ook nogal baie gebeur: soveelso dat ek gister heellemal vergeet het van 'n diktasie vir een van my base!) Het ek gesê ek surf in my etensuur? Neem dit maar met 'n knippie sout - dis meer soos surf tydens ontbyt, tee tyd, net voor middagete, na middagete, gou 'n bietjie voor huis toe gaan tyd. Ag who am I kidding, dis die meeste van my dag! Hekel maak my happy, en dis nie asof ek niks werk gedoen kry nie (disregard gister se gevalletjie asseblief) so ek is eintlik meer produktief omdat ek myself omring met hekelgoedjies. Sien, dis die logieka van Hekel Addict. "My name is Natasja and I'm addicted to crochet. Hi Natasja"

Na hierdie inleiding wil ek julle nou vertel van 'n website wat ek vanoggend (voor werk en voor ek nog my skoene aan gehad het) gevind het: Yudu. Dis die plek waar jy electronic versions van Britanje se enigste 100% dedicated to crochet magazine, Inside Crochet, kan download vir £5!

Een van my Ravelry friends het die voorblad trui van die February/March 2010 uitgawe ge"favourite" en my hart het amper gaan staan toe ek dit sien. Ek MOET net daai wrap vir myself maak!!! Met verder hulp van Ravelry sien ek toe dat in hulle April/May 2009 uitgawe daar nog 'n mooi truitjie is wat ek ook net MOET maak. Maar wie is nou lus vir rondsoek in WH Smit vir hekel tydskrifte, so terug na die groot wye spinnerak en siedaar: ek kan die tydskrifte download! Hoera!

'n Ander hekel tydskrif wat jy net online kan sien, en dus net kan download, is Crochet! Ek het (nog) nie subscribe nie, maar kry wel hulle gratis nuusbrief en nou en dan is daar 'n gratis patroon in die nuusbrief.

Oe, ek sien dat Knit and Sew het 'n epos gestuur om te bevestig dat die 6 bolle wol wat ek vir my nuwe projek (details to follow) gekoop het, gepos is! Online shopping en wolle deur die pos is so cool!

Met 'n lied in my hart sal ek nou bietjie filing gaan doen. O wee, dis 12:30 so dis sotesê middagete tyd en ek kan mos nie begin met filing as ek dit nie sal kan klaar maak nie. Ek sal maar net die tyd produktief gebruik en gaan loer op Ravelry tot 2 uur :-)

Friday, 6 August 2010

29. Dis nou 'n slim kar!

Ek is mal oor 'n Smart car. John wou al vele keer vir my ene koop, maar al wat ons keer, is dat die outjies so bietjie lig in die broek lyk vir ry op 'n snelweg. Maar hulle is sooo oulik! Vanoggend sien ek hierdie op 'n hekelwebsite se nuusbrief, en nou's ek 100 miljoen keer meer opgewonde oor 'n Smart car:



Kyk net daai granny squares op die deure! En die strepies dak! I want one!!!!
Die vrou wat gehekel het, is 'n kunstenaar, Magda Sayeg. Lees haar blog hier. Die kar is deel van haar tentoonstelling by Rome se Il Lusso Essenziale, “an arts festival that celebrates the rediscovery of the extraordinary nature of everyday life”.
As ek so 'n Smart car het sal my everyday life, beslis omskep word in iets extraordinary!
Smart car + kreatief + hekel = ek wil een hê!

Wednesday, 2 June 2010

28. BabettieKombersieKosweti

Ek is vreeslik lus om weer granny squares te maak. My Hooky First Love. Hulle is net so cute en innocent! Jy kan nie verkeerd gaan met 'n granny square nie: jy maak verskillende grootes en verskillende kleur kombinasies, en dis dit! Dis mos hemels! Grannies is natuurlik baie goed vir komberse…. maar ek het mos 'n halfklaar kombers in 'n kas: die Identiteitskrisis kombers wat ek in Januarie weg gepak/weg gesteek/begrawe/amper weg gegooi het.

Die kombers is mos nou daar, ek het nog baie van sy wol oor en ek wil vreeslik graag 'n kombers hê vir ons slaapkamer, toe dog ek, wel ek is nog nie vreeslik begeesterd vir strepies hekel nie, so hoekom sit ek nie grannies tussen die strepe nie?!

Skielik onthou ek toe van 'n kombers wat 'n storm ontaard het op Ravelry: die Babette Blanket. Daai kombers het my hoendervleis van lekkerte gegee toe ek hom die eerste keer gesien het - 1184 ander vrouens was net so mal oor hom want dis hoeveel van hulle daar al op Ravelry gemaak is! Kyk bietjie hier:

Kan julle sien hoekom ek totally uitgefreak het toe ek dit sien?! Dis soooo moooi! En die inspirasie vir die patroon ('n link is op die "Hekelpatrone wat ek al gebruik het" tab) is niemand anders as Kaffe Fassett waaroor ek mos alreeds geblog het. Meant to Be and Divine Intervention me thinks!!!

Vir Babette het jy 50 x 2-round blokke, 50 x 4-round blokke, 16 x 8-round blokke, 2 x 10 round blokke en 2 x 12 round blokke nodig. Maar hulle blokke word solied gehekel, nie "shells" soos wat 'n granny square is nie, en ek wil mos grannies maak. Maar wat keer my om grannies te gebruik en aanmekaar te werk soos vir 'n Babette? My heel heel heel eerste hekel projek was mos 'n granny kussing wat bestaan het uit 3 verskillende grootte blokke so dit sal perfek pas! Daar is 'n handjie vol vrouens op Ravelry wat dieselfde idee as ek gehad het, so ek weet nou dit kan werk (en blerrie nice lyk):

Can you see it??? Ek kan! Ek het alreeds 72 rye gehekel (72!!!) vir die kombers. So die plan is om dieselfde wydte as wat 72 rye is, Babette grannies te doen, dan 'n strook van 36 strepies, dan weer 'n strook Babette grannies (ek vermoed ek gaan baaaaaaaaie grannies nodig hê), en dan 72 strepies. Dis die idee (for now). Ek sal heel moontlik nog miljoen keer van plan verander, maar die basic idee is darem daar.

Al probleem is dat ek nou totally vir arme kombers 'n kompleks gegee het. Eers verdink ek hom van 'n serp wees, nou wil ek 'n Babette by hom inwerk, maar dis nie eens 'n properse Babette nie - dis 'n Granny Babette, en ook nie 'n volle Babette nie, sommer twee halwes. Ken iemand 'n goeie sielkundige vir 'n bont & deurmekaar bersie?

Sunday, 14 March 2010

27. Ta-daaaah!

Hier is die vreeslik lank overdue foto's van my maltezer hangertjies! Die groene was al aan die begin van Februarie klaar en ek het hom al baie gedra.

Die swarte het ek gisteroggend 8 uur begin maak, en gister laatmiddag was hy klaar. Die oorspronklike idee was om die swart bolletjies te ryg deur swart satyn lint, maar dit wou nie werk nie. Die lint was net te dik om deur die bolletjies te gaan. Johan het op 'n stadium in sy tool kis gekrap om 'n tang te kry om die saak aan te help, maar helaas.

Plan B was toe om 'n toutjie te hekel uit ketting stekies. Die blommetjies wat ek tussen die bolletjies gesit het, was Plan C toe die hele saak vir my net nie lekker gelyk het nie. Johan is nounog nie 'n fan van my blommetjies nie. My man sê dit lyk of iemand op een van die balletjies getrap het... Besluit julle maar self.




Ek dink ek sal môre my swart langbroek werk toe dra. Geen spesifieke rede. ;-)

Sunday, 7 March 2010

26. Ta-daaaah!

Die mooiste handsak in the history of all mankind is Sondagmiddag in die King huis klaar gemaak. Mense, ek kan julle nie sê hoe happy daai sak my maak nie.
Volgens my blog van 13 Februarie sou ek mos die sak vir my ma se kwilt buddie gecourier het, maar Johan het my oorreed dat dit nie so moeilik kan wees om 'n lining in te sit nie, en met sy hulp sou ons dit self kon doen. Jissie julle, my man is amazing! Hy het my Saterdagmiddag vir 4 ure lank bygestaan. Die sak is 'n total team effort. Maar wag, ek loop dinge vooruit. Ek sal julle nou mooi stap vir stap vertel wat ons gedoen het.
Johan was mos oortuig dit kan nie so moeilik wees om 'n zip in te sit nie, so verlede week gaan soek hy toe op YouTube vir 'n video en ons kry een! Terwyl ons al die video's so saam kyk, sê hy elke nou "verstaan jy wat sy sê?" of "sal dit werk vir jou sak?" :-) Op die ou end het ons hierdie video gebruik.
Hier is al die goeters wat ek nodig het vir die lining. Die wit goed aan die linkerkant is "plastic canvas" wat ons in die bodem van die sak gesit het om te keer dat die bodem "uitsak".


Die eerste stap was om my klaar sak te meet sodat ons kon uitwerk hoe groot stuk lap om te knip.

Ek het 'n patroon gehad, maar my sak was kleiner as die patroon s'n so ons moes al die lining afmetings aanpas. Hier was Johan totally sy goud werd - ek en syfers is nie maats nie en ons het baie amper 'n fokapie gehad toe ek vir Johan begin syfers aflees om bymekaar te tel!


Ons het die zip in sit gehou vir laaste, want ek wou nog ekstra sakkies aan die binnekant van die lining maak ('n vrou se handsak kan nie net 'n groot gat wees nie - ek sal nooit my huis sleutels vind as dit nie in sy eie sakkie is nie!)
(Die blou handdoek is om die rekenaarskerm te beskerm teen Tassie.)



Ons het die plastic canvas met "handbag feet" aan die bodem van die sak vasgemaak. Die handbag feet lyk nie net nice nie, maar sonder dit sou die plastic canvas kon rondskuif so dit was 'n baie slim kopie.



Noudat al die initial stikwerk gedoen is, was dit tyd vir die zip. Ek en Johan het al die afmetings gecheck en ge double check want as die zip in die verkeerde plek vas gestik word, is die hele sak 'n fokapie. Johan het my sooo mooi kalm gehou. As ek stres slaan my kop mos toe julle weet...
Do you see the forced, nervous smile?:


Die video sê dat jy cellotape moet plak aan die regte kant van die zip sodat jy dit as 'n stitching guide kan gebruik. Vreeslike slim idee! Ons besluit toe dat ek net 'n paar milimeter BINNE die cellotap sal stik om seker te maak ek "vang" die zip aan die onderkant. Dit was goed ons het, want die zip sit baie mooi, maar dit was 'n "bliksem" (soos Johan gesê het) om daai cellotape weer af te trek! Dit was gelukkig die enigste issue met die zip in sit. Dit was in fact 'n reuse sukses! As jy van bo af na die sak kyk kan jy glad nie die tandjies van die zip sien nie!!!!


Met die (perfekte) zip in, kon ons die sye vasstik. Die cool ding is dat mens die lining kan "box" deur dwars oor al vier hoeke van die lining te stik, so dan vorm jou lining 'n perfekte boksie wat binne die boks van die hekelwerk pas! En Johan being Johan, moes die nate natuurlik almal oplyn :)
Al wat toe oorbly is om die handvatsels vas te stik en die hekelwerk met my hand aan die lining vas te werk.
Ek is vreeslik trots op my handsak, en die beste van als is dat ek en Johan saam daaraan gewerk het, so elke keer wanneer ek die zip ooptrek, sal ek dink aan die dag toe ons saam voor die naaimasjien gesit het.
En hier is hy nou: die most beautiful handsak in die wêreld - even if I have to say so myself.


As jy kliek op foto van bo sal jy die handgemaakde stekies sien wat die lining aan die hekelwerk vashou.





P.S. Die patroon vir die sak het verskyn in 'n Amerikaanse hekeltydskrif, Interweave Crochet - Spring 2007, maar die blokke se ontwerp, genaamd Willow, kom uit 'n boek "200 Crochet Blocks" deur Jan Eaton. Ek het 'n link na die boek op die "Hekelpatrone wat ek al gebruik het" tab.

Saturday, 13 February 2010

25. Dit jubel (alweer) in my!

Ek is op die oomblik besig met 'n kriewelrige lekkerkry hekelprojek. Ek maak 'n handsak! Dit bestaan uit 12 blokke, en elke blok het drie kleure. In totaal gebruik ek agt kleure vir die 12 blokke so kan jy jou indink al die moontlik kombinasies?!! Dis soooooo exciting en lekker om al die kleur combo's uit te werk. Ek is stellig besig om dieselfde high te ontwikkel wat ek gehad het met die Liewe Heksie serp! Al die kleure maak my sooo happy!
Ek pak die wolle elke nou en dan uit om te kyk hoe die volgende blok gaan lyk, maar elke keer as ek verby die koffietafel stap stop ek en rearrange weer als. Maar dis die lekkerte van dit als. Ek sit net die kleure bymekaar wat met my praat - en hulle moet hard praat anders rearrange ek weer als. Dis weird hoe ek weet wanneer ek happy is met die kleur combo. Dis asof dit vreeslik kalm raak in my binneste as ek na dit kyk. Dan weet ek dis reg. Ek voel die kriewelrige opgewondeheid voor ek begin hekel en as ek dink aan die finished item en sommer net die hele idee van die projek en al die kleure. Maar om te weet watter kleure om saam te sit, moet dit kalm wees binne my. Regtig julle, dis asof my hart stadiger klop en ek 'n lang sug kan sug - dan weet ek die kleure is reg. Oe, dis lekker!

Na al die praat dink ek julle verdien 'n lusmakertjie van die handsak. Hier is 'n paar Work In Progress foto's.


Noodloos om te sê is die volgorde van die klaar blokke hierbo nie eens NAASTENBY hoe hulle op die ou end aanmekaar gewerk gaan word nie. Ek het immers nog 7 blokke om te maak so dit look gaan nog baie verander.

In totale teenstelling met colour explotion handsak werk ek terselfde tyd aan iets in swart. Amigurumi balletjies vir 'n halssnoer. (Oe, amper vergeet ek. Die groen maltezer balletjie halssnoer was al Sondagaand klaar maar ek het nog net nie kans gehad om vir julle 'n foto te wys nie. Sal nog. Belowe.) Ek sou seker al klaar gewees het met die swart balletjies as dit as nie was dat ek boggerol kan sien nie. Ons sitkamer lig is net nie sterk genoeg om in die aand met swart wol en 'n 3.5mm hekelpen doenig te wees nie. So die swart amigurumi balletjies is vir Saterdag en Sondag middag, en bont handsak vir die aande.


P.S. 'n Handsak kort natuurlik 'n lining en zip en daai tipe dinge is NIE my sterk punt nie (ek byt nou my lip om nie 'n baie onvroulike aanmerking oor hooking en naaimasjiene te maak nie). Die sak gaan dus gecourier word na Moeder sodat sy dit vir een van haar kwilt buddies kan gee om die lining in te sit. Ek hoef dus nie myself te bemoei met die tegniese meet en pas dinge nie, en ek weet dit sal vreeslik mooi gedoen word deur die vlytige tannie. Moeder is ook nie een vir linings en zips in sit nie - die appel en die boom julle weet. Ons creative juices is net vir hekel beskore :)

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...