Wednesday, 23 March 2011

55. Hekel modes!

Imagine my suprise and delight, toe ek vanoggend die Monsoon newsletter email ontvang, met die opskrif "How to wear crochet".
Oh my word! Hoe mooi is die goed???!!!

         

Ek dink nie ek sal 'n gehelde rokkie koop nie want mens moet 'n lyfie hê soos die girl hieronder, maar die shrug lyk doenbaar....



Tuesday, 22 March 2011

54. Blomme inspirasie

Ek hekel mos nou al van Februarie af 'n storm los. 36 blokke vir Boeta se kussings, en 36 blokke vir skoonsus s'n. Dis vreeslik baie kettingstekies, dc en sc! Om nie eens te praat van al die draadjies wat ek moet wegwerk nie! Skoonsus se 18 Waterlilies is nou al almal klaar - ek moet net wag vir die blokkerasie om droog te word en aanmekaar werk. Yeah!


Tussen Sondag se Waterlilies klaar maak, en die begin van die agterste blokke, wou ek darem eers 'n russie rus. Manlief stel toe voor ons gaan kwekery toe, en wat 'n uitstekende plan was dit nie!

Dit is mos nou amptelik Lente hier by ons  en oral begin blommetjies kop uitsteek. Daar is nog baie kaal takke, maar mens kan darem al die begin van blaartjies en blommetjies sien, soos dié enetjie op my pad stasie toe.  En kyk daar reg onder teen die stam, loer die daffodils ook uit!


Ek dink regtig dat vandat ek in Engeland woon, ek helder kleure en Lente net meer waardeer. Na 'n baie lang grys winter kan mens mos nie anders as om super opgewonde te raak oor blou lug, en splinternuwe plantjies en bloeisels nie? Ons wag al van November maand hiervoor! Maar selfs die wete dat dit amptelik Lente is, kon my nie voorberei op die pragtige, bont blommetjies en grasgroen jong blaartjies by die kwekery nie.




Hand on heart julle, terwyl ek daar tussen die rakke deurstap kon ek voel hoe my binneste (my siel?) lig word, en ek vroliker en vroliker raak met elke tree wat ek tussen die plantjies neem.
Ek het natuurlik nie leë hande by die kwekery weg gestap nie. Neverste nooit! Ek het een van die blou potte in die voorgrond op die heel eerste foto, gekoop. In fact, ek dink dit was die linkerkant se een. Daar is twee plantjies daarbinne wat nog nie geblom het nie, so dit gaan 'n lekker suprise wees om te sien wat, en watter kleur dit is! Die derde plantjie in die pot is 'n wit Primrose (dieselfde tipe plantjie as op die foto hierbo).

Met my nuwe potplantjie op sy spot buite die agterdeur, kon ek weer met baie ywer hekel. Daai kleur inspuiting by die kwekery het my beslis geinspireer, want kyk net hoe mooi is een van die blokke wat ek maak!


Ek gaan drie in hierdie kleur kombinasie maak, drie met 'n wit randjie in plaas van die blou, en nog drie met 'n geel randjie in plaas van blou.

Is dit nie wonderlik dat ons op 'n planeet woon waar mens geinspireer kan word deur die doodgewone, klein, gratis dingetjies om jou? Fantasties, en 'n seën van epidermiese proporsies (soos Oubaas sou sê).



Thursday, 17 March 2011

53. Projek Vro(u)like Kussings

Projek Vro(u)like Kussings is in volle swang. 12 Maart het ek begin hekel aan Jan Eaton se Waterlily blokke en ek's mal daaroor!!!! Die 3D blomme is mooi en as jy "the hang of it" gekry het, gaan die blokke lekker vinnig. Jy werk vreeslik baie in die agterkant van 'n steek, so dis nogal 'n storie maar dis totaal en al die sukkel werd.

Sondag het ek 6 blokke kant en klaar gehad - dus twee derdes van die voorkant van een kussing done and dusted! Van Maandag tot Donderdag het ek elke oggend op die trein, etensuur by die werk en selfs partykeer in die trein huis toe, net die blommetjies gehekel. Hulle is baie gerieflik om op die trein te doen want dis net een bol wol wat ek saam piekel en die blommetjies gaan nogal vinnig.


Teen Vrydagoggned, kon ek al die blommetjie begin omskep in vierkante. Dis sooo amazing om die kleurspeling te sien. I love it! En die wit laat die tropiese kleure zing en pop!


Die plan is om die voorkant van albei kussings net in Waterlilies te maak. Ek visualise 'n see van tropiese kleure met 18 spierwit bolletjie blomme. Imagine! Vir die agterkant sal ek ander blokke kies wat die ses kleure mooi afshow. Hulle sal meer "lacey" en oop wees want ek wil die kleur van die kussings (oranje) laat uitstaan tussen die stekies. Oe, dit gaan so mooi lyk met al die helder kleure en wit teen die oranje!

Ek is stellig besig om 'n liefde vir spierwit te ontwikkel - dis so sag, maar tog so helder. You know what I mean? My to do list van hekelprojekte is so lank soos my arm, maar somewhere op daai lys gaan vir ons huis iets maak in 100% katoen (is nou so bietjie moeg vir die acrylic) met baie wit.

Maar vir eers, is dit terug na Skoonsus se kussings. Haak sussie, haak!

Saturday, 12 March 2011

52. Ta-daah!

My broer se twee kussings is klaar!!! Gisteraand 20:33 het ek die die laaste knopie vasgewerk. Dit beteken ek het net bietjie meer as 'n maand lank gewerk aan die 36 blokke. Dit beteken ook ek het bietjie minder as 'n maand oor om my skoonsuster se 36 blokke te maak! Gelukkig is 18 van haar blokke almal dieselfde ontwerp en teen blok no.3 het ek gewoonlik die patroon gememoriseer, so ek hoop en vertrou haar kussings sal vinniger gaan.

Terug na Boeta se kussings.


Die voorkant van die Rooierige Kussing bestaan uit:
3 x Circle in Square
3 x Criss Cross
3 x Catherine Wheel
Die agterkant is 9 x Lacy Cross.

Die voorkant van die Oranjerige Kussing bestaan uit:
5 x Begonia (of soos John dit noem, die Alien Landingstrip)
2 x Mesh Fantasy
2 x Edwardian Fancy
Die agterkant is 9 x Big Round.

Dink julle nie die oranje knope is absoluut perfek nie? Ek het dit nogal op eBay gekoop van alle plekke!


Albei kussings se voorkant blokke is gemaak met 'n ligte grys randjie as die laaste rondte, al moes ek die patroon bietjie aanpas om dit reg te kry. Ek het ook 'n single crochet (kortbeen) randjie reg rondom die groot vierkant gehekel want ek moes mos die lussies vir die knoopsgate maak. Die agterste blok het nie 'n ekstra randjie gekry nie.

Vir blog doeleindes het ek die kussings bo-oor twee van my wynrooi sitkamer kussings getrek sodat ek foto's kon neem, maar my broer het vir hom twee oranje kussings by Mr. Price Home gekoop, so die eindproduk gaan bietjie anders lyk. Ek kon net nie wag tot volgende maand om te sien hoe klaar kussings op 'n rusbank sal lyk nie! Met 'n oranje kussing wat deur die gaatjies loer, sal hulle heeltemal anders lyk. Veral die agterkant van Die Rooi kussing wat net bruin en rooi is - so bietjie oranje in die agtergrond sal die "kruis" van die Lacy Cross baie mooi afshow.

Dit was regtig vreeslik lekker om al die blokke te maak. Ek het aspris soveel blok patrone as moontlik gekies (en kloooomp keer van plan verander). Ek moes die heeltyd in gedagte hou dis vir 'n man so ek kon nie vreeslik blommerig of "lacey" gaan nie. Die kleur kombinasie is ook 100% gemik op hom. Sy gunsteling kleurekombo is oranje & grys, en sy huis dekor is okers en diep rooie, so dit was eintlik heel logies om die vyf kleure saam te sit. Ek was bietjie skrikkerig oor die grys en bruin saam, maar ek dink omdat die oranje, rooi en bruin so goed bymekaar pas, die grys regtig net 'n soort neutrale agtergrond is. En indien julle wonder, ja ek weet daai oranje is 'n neon oranje - dis so helder, dis seker sigbaar vir die Marsmannetjies!

Volgende op die to do list is my skoonsuster se Waterlilly blokke. Haar kleur kombinasie kon nie meer anders wees nie, as wou dit. Wil julle 'n voorsmakie hê? Huh, wil julle? Okay, hier is 'n prentjie wat ek gister by die werk geteken het. Die kleure is al weke lank in my kop, en die wol is gekoop, maar ek het dit gister eers regtig ge"sien". I love it!


Dis nou eers genoeg gepraat en geblog, ek het (36) blokke om te hekel!

Thursday, 10 March 2011

51. Middag foto

Hekel in die baas se kantoor:



Dankie tog sy lees nie my blog nie want ek dink nie die voete op die stoel sal goed ontvang word nie. Sy kan net bly wees ek omskep nie haar kantoor in 'n naaldwerkkamer terwyl sy met kraamverlof is nie! :-)

50. Vroegdag foto

Ek dog ek deel net met julle my koffietafel vanoggend net voor 7: daffodils en hekelwerk. 'n Vrolike kombinasie.

Tuesday, 1 March 2011

49. Indien jy wonder

Indien jy gewonder het hoe lank dit neem om Jan Eaton se Lacy Cross te hekel, gaan ek jou nou sê. Dit neem net so lank soos dit 'n South West Trains trein vat om van Hampton Court tot by Waterloo te ry. Ek het dit vanoggend bewys.

Foto geneem 07:49 by Hampton Court stasie:


Foto geneem 8:35 by Waterloo:



Daar het jy dit nou. Een standaard trein rit per blok.

Ek het nege blokke om te maak vir die agterkant van elke kussing, waarvan drie reeds die naweek en gisteraand klaar gemaak is. Vanoggend het ek een gemaak, so dis vier agter die blad. Ek het gewoonlik nie energie om in die aand op pad huis toe in die trein ook te hekel nie, maar na 'n bordjie kos en met batterye ge-recharge na ek tyd saam met my man spandeer het, kan ek maklik voor die TV nog 'n entjie hekel. Volgens my berekeninge sal ek dus voor die einde van die week een kussing se agterkant klaar hê!

Is dit nou goeie benutting van my tyd of wat?!

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...