Wednesday, 10 April 2013

ekHekel v. crocheTime

Sjoe, ek het lanklaas geblog! Nee wag, ek het eintlik net gister nog geblog: ek het lanklaas in Afrikaans geblog.

Sien, die ding is dat met my Engelse blog ek soveel meer mense bereik. Ek het al 6,410 hits op die blog in die kort tydjie wat ek hom het, en op my begiste dag (19 November) het ek 321 hits gekry. In een dag! En dis net omdat 'n Franse blogger 'n link na een van my blog inskrywings op haar blog gesit het. Just like that skiet my exposure deur die dak. Ek is vreeslik lief vir Afrikaans praat en skryf, maar ek bereik net soveel meer mense as ek my dinge in Engels doen. Verstaan djy?

Ek wil nou nie verwaand klink nie, maar as jy regtig geïnteresserd is in my hekel kaskenades, sal dit miskien beter wees om eerder te "subscribe" tot my Wordpress blog: crocheTime.

Jy hoef net jou epos adres in die blokkie met die rooi pyltjie in te tik (soos aangedui in die foto hieronder), dan kom al my blog inskrywings na jou inbox.




http://crochetime.wordpress.com/

Ek sal altyd ekHekel oop los want ek weet Afrikaanse mense Google gereeld hekel dinge wat hulle na my blog bring en dis cool, wonderlik en fantasties. Maar ek dink van nou af sal 95% van wat ek te sê het oor hekel, gebeur op crocheTime so as jy ingeskakel wil bly (get it?) hou maar jou oog op die Engelse blog.

Ek wil nou sommer ook vir al my blog lesers duisende dankies sê dat julle wel my blog lees en dat julle my hekel stokperdjie inspirerend vind. Ek dink regtig nie ek is 'n wonderlike haaker nie - ek volg net patrone en het 'n ding vir 'n mooi (helder) bolletjie wol. Al verskil is net dat ek net nie kan stilbly daaroor nie en toe maar 'n blog begin het (twee eintlik...♫dit borrel in my, want ek is so bly♪♫).

Ek weet die meeste van julle is nou ook deel van OnsHekel op Facebook en dis vir my so lekker om te lees en te sien wat julle doen. Bly altyd so kreatief en oulik! ♥


Sunday, 19 August 2012

n Serpie waaraan ek werk

Die patroon hiervoor kom uit n Japanese hekel patroon boek! Kan julle glo?!


Daar is meer informasie oor die patroon en die wol in hierdie inskrywing op my Engelse blog.

Wednesday, 6 June 2012

Twee gehekelde toppies

Ek het onlangs nog twee gehekelde toppies klaar gemaak.

Die eerste is hierdie baie ligte grys ene uit die Rowan Holiday Crochet pattern book, genaamd Belle. Vir al die info oor die wol en patroon, gaan lees hier: http://crochetime.wordpress.com/2012/05/15/my-belle-ta-daaaah/



Meer onlangs, eintlik eergister, het ek Dusky klaar gemaak. Dis ook 'n Rowan patroon, maar die een is gratis.  Al sy info is hier: http://crochetime.wordpress.com/2012/06/06/dusky-in-corfu/


Sunday, 29 April 2012

Granny Square kussing

Ek het hierdie kussing die naweek klaar gemaak. Lees meer oor haar (ja, 'n mooi kussing soos hierdie kan nie 'n "hom" wees nie), op my Engelse blog, hier.



Thursday, 12 April 2012

'n Gehekelde truitjie

Hierdie is my eerste gehekelde kledingstuk en ek's vreeslik trots op hom. Al die patroon en wol besonderhede is hier.



Monday, 6 February 2012

Wil jy ietsie wen?

Op my Engelse blog het ek 'n Valenteinsdag trekking vir hierdie twee gehekelde blom borsspelde.


Al wat jy moet doen om 'n kans te staan, is om in teken om crocheTime per epos te ontvang.

Al die detail is hier: http://crochetime.wordpress.com/2012/02/06/a-valentine-from-me-to-you/



Tuesday, 3 January 2012

Die kombers is klaar!

Ek het gisteraand die Identiteitskrisis kombers klaar gemaak! Finish en klaar!

Hier is 'n skakel na my Engelse blog wat uitbrei oor die randjie wat ek gekies het. http://crochetime.wordpress.com/2012/01/03/on-the-edge/

Wanneer ek beter fotos geneem het sal ek 'n finale Ta-daaaaaaaaaaah blog inskrywing doen en die skakel ook hier plaas.

Monday, 19 December 2011

My tweede troue

Verskoon asseblief dat ek hierdie nie-hekel video hier pos, maar Facebook wil nie die video aanvaar nie weens kopiereg dinge met die agtergrond musiek.

14 Desember 2001 het ek my droom man getrou, en 14 Desember 2011 het ons dit weer gedoen. Die keer by die Little White Chapel in Las Vegas. Dit was net bedoel om 'n pret "wedding vow renewal" te wees, maar ek het regtig tranerig geraak toe ek weer my trou moes beloof aan die wonderlikste mens op die aarde. 




Dankie vir die beste 10 jaar van my lewe, my man! 2021 Maak ons weer so!




Monday, 7 November 2011

Tweet tweet

 

Hulle is cute nê? In my Engelse blog vertel ek meer en gee 'n link na die patroon. Kliek net hier.


Sunday, 25 September 2011

89. Surbiton Festival 2011

My stalletjie by gister se Surbiton Festival het heel goed gegaan. Julle kan als lees, en foto's sien, op my Engelse blog: 

http://crochetime.wordpress.com/2011/09/24/surbiton-festival-2011/



Thursday, 22 September 2011

88. Nog 'n markie

Saterdag gaan ek en manlief weer 'n craft market stalletjie beman.

Op my Engelse blog vertel ek so bietjie meer.
http://crochetime.wordpress.com/2011/09/21/another-market-stall/

Hou asseblief duim vas dat hierdie een 'n groter sukses is as die vorige markie.

Tuesday, 20 September 2011

87. Nog wol

Wol koop op die internet is sooo nice. Hierdie pakkie het vanoggend opgedaag (ek het dit Sondagaand gekoop). Drie bolle om die Identiteitskrisis kombers aan te vul en drie bolle vir kniekombersies waarmee ek besig is vir Huis Uitsig in Parow-Noord. 



Al ding is nou net, die ses kleure lyk vir my baie nice saam! Ek hoop maar daar bly 'n bietjie van als oor om annerdag ietsie anders te hekel.
  

Monday, 12 September 2011

86. Blokke vir Yade Uitreik Aksie

Ek is vroeer hierdie week deur 'n OnsHekel Facebook page fan, Nellie Wessels, genader vir hulp om mense bymekaar te kry wat blokke sal hekel of brei, vir die Yade huise vir bejaardes en gestremdes in Bloemfontein. Ek het onmidellik gesê ek sal help.

Tussen hierdie blog en die OnsHekel Facebook page, is ek seker daar is baie van julle wat ook sal wil brei en hekel vir Yade. Is mos. Nê.  Ag toe, kom sit 'n handjie by. Yade doen sulke wonderlike werk! Ons wat kan hekel en brei sommer net vir die lekkerte kan mos gerus bietjie share-the-love.

Yade is 'n nie-winsgewende geregistreerde (NPO 068-445) welsynsorganisasie. Yade Uitreik Aksie is in Mei 2008 gestig deur drie dames met 'n visie om bejaardes te versorg. Yade is ‘n Tuiste vir bejaarde en gestremde persone en nie 'n shelter nie.

Die inwoners van Yade Tuistes is welopgevoede bejaarde en gestremde persone wat weens die huidige ekonomiese omstandighede nie meer eie verblyf en voedsel uit die klein pensioen of staatstoelae kan bekostig nie. Dit is die doel van Yade om vir diesulke bejaardes en gestremdes ‘n heenkome te bied.

Daar is op die oomblik nege huise in Bloemfontein en Yade bied ook 'n dagkliniek aan. Gaan kyk bietjie op hulle website. Jy kan ook die storie lees oor hoe die drie Direkteure Yade begin het, en die fantastiese werk wat hulle doen.

Nou wat kan ons doen? Dis so maklik soos 10cm x 10cm of 20cm x 20cm blokke te hekel of  te brei. Dis dit! Die inwoners van die huise sal self die blokke aanmekaar werk om komberse te maak (dis goed vir hand-oog koördinasie, en ook 'n goeie tydverdryf as hulle die blokke self aanmekaar werk), so al wat ons hoef te doen is die blokke verskaf.

Vereistes:
  1. Dubbeldraad
  2. 10cm x 10cm of  20cm x 20cm vierkante
Die res is up to you. Verskillende steke, een kleur, verskeie kleure, dit kan selfs 'n granny square wees - absoluut enige iets. Net solank dit 10cm x 10cm of 20cm x 20cm is. Gryp die 200 Crochet Blocks boek of kyk op MyPicot vir hekelsteke. Die textured afdeling het 21 steke om uit te kies, en multi-colour het 12 - lekker baie te kies en te keur.  Net solank jou blokkie 10cm x 10cm of 20cm x 20cm is en dis gedoen in dubbeldraad is ons happy.

Dink net hoe pragtig sal daai komberse uitdraai met die mengelmoes van kleure en patrone en dan nog gebrei en gehekel deurmekaar!!

Jy kan soveel of so min blokke maak as wat jy wil. Wanneer jy reg is om dit te pos, stuur dit na:

Me. A. Coetzee of  Me. A. Griessel
Yade Juan Smith Huis
Fleurstraat 3
Wilgehof
Bloemfontein
9301

Ek het sommer alreeds, in die geloof, 'n Ravelry groep gestig genaamd "Squares for Yade Caring Action". Al die info in die groep is in Engels sodat ons so veel mense as moontlik kan lok, maar as jy nie op Ravelry is nie kan jy die OnsHekel Facebook page gebruik om foto's te laai en te vertel van julle Yade Blokke.

Hoe meer mense hoe beter, so spread the word (veral aan jou brei buddies) en begin blokke maak!!

85. Naweek dinge

Ons het 'n bietjie in die tuin gewerk: http://crochetime.wordpress.com/2011/09/12/weekend-planting/

en ek het bietjie gehekel: http://crochetime.wordpress.com/2011/09/12/weekend-hooking/  hierdie naweek.

Wednesday, 24 August 2011

82. Handewerk-In-'n-Koffiewinkel Dag

Wat beplan jy vir die 1ste September? Dis 'n donderdag so ek vermoed seker nie veel nie. Wel.... not for long!

Die girls op OnsHekel het Maandag besluit dat 1 September elke jaar Handewerk-In-'n-Koffiewinkel Dag sal wees. Sommer net so, want ons kan.

Die ding het begin toe Christelle, van Haak en Stekie, 'n link na Idees Tydskrif se stunning gehekelde stoel, ontwerp deur Cornel Strydom van Craftshare en I love Pom-Poms, gepost het op die muur. Dit bestaan uit honderde blokkies en Idees doen ook mos 'n YarnBomb in Februarie 2012 so die logiese volgende stap is vir almal om saam te hekel en brei aan blokke. (Wel, dis logies as jy 'n wol fanatikus is.)

Binne drie comments is 1 September herdoop as die dag waarop almal wat kan brei, kwilt, borduur, kruissteek, watookal, dit in koffiewinkels moet gaan doen in 'n groep of op jou eie.  Daar is selfs alreeds bymekaarkomplekke in Anisa se Succulent Cafe in die Woodlands Boulevard sentrum en die 18th Avenue Bakery & Cafe (albei in Pretoria) gereël.



So komaangirls, maak julle naalde, penne, spelde, wol, materiaal en skertjies bymekaar en vaar die koffiewinkels in!!! Julle hoef nie eens te wag vir 1 September nie. Kry 'n oefenlopie in sommer hierdie naweek en deel die foto's met ons op OnsHekel.

Tuesday, 23 August 2011

81. Gehekelde blom patroon

Ken julle die Mollie Makes tydskrif?  Dis amaaaazing. Op uitgawe no.3 se voorblad was die pragtigste gehekelde blommetjies. Die patroon vir daai einste blommetjies is nou gratis beskikbaar op The Guardian se website.


In my Engelse blog vertel ek meer: http://crochetime.wordpress.com/2011/08/23/crochet-flowers-pattern-as-seen-in-mollie-makes/

80. Gehekelde matte

Ek het vandag op my Engelse blog foto's van drie amazing gehekelde matte. Gaan loer 'n bietjie, want dis vrek mooi!

http://crochetime.wordpress.com/2011/08/23/crochet-rugs-2/

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...