Beste Natasja
Na 'n naweek van 3 x 12 uur skofte se werk by die plaaslike tehuis vir bejaardes, is ek vandag maar flou en wil ek net die nodige takies in die huis doen en dan.....ta da..... HEKEL!
Gedurende Januarie tot Maart van 2011, het ek die "voorreg" gehad om vir 3 maande in die bed te wees met 'n rug besering. Dit was seker die moeilikste tyd wat ek nog ooit in my lewe gehad het, veral omdat ek nie geweet of ek ooit weer sal regkom en sal kan loop nie. Ek het soveel pyn gehad, dat ek amper my varkies verloor het.
My man het soggens om 06h30 die huis verlaat om te gaan werk en weer saans teen 18h30 teruggekom. Omdat ons erf met goeie sekuriteit toe is, was dit ook nie vir my vriende moontlik om te gereëld te kom kuier nie, want ek moes elke keer uit die bed om die remote hek te kan oopmaak en omdat ek so moeilik beweeg het, was dit nie altyd so gelee nie.
Ek was dus aangewese aan myself, die radio en raai wat, my hande het mos niks makeer nie, so ou girl, ek het gehoorlik gehaak van vroeg tot laat. Die foto wat ek attach het is die resultaat na aanleiding van "onthou kwilt in die Junie 2010 Idees tydskrif".
Haai julle, is dit nie amazing nie? Ek is so bly vir Karin dat haar rug nou weer mooi gesond is. Dis so 'n blessing om kreatief te kan wees en jouself te omring met mooi goed wat jy self gemaak het. Jy kan dan mos nie anders as om positief te bly en gesond te word nie!
Ek het gedelf in 'n ou hekelboek van my ma, wat heelwat gehekelde klere in het. Het die patrone van die klere se motief dan in die blokke gemaak. Dit was 'n heerlike ontdekkingsreis om 'n groot verkeidenheid patrone te kry, sodat daar nie te veel blokke is wat dieselfde is nie. Ek het die kombers in die 3 maande voltooi en tot vandag toe sê ek dankie vir die Vader dat ek my hande en ook so my gemoed, positief kon besig hou.
Gelukkig is my rug nou heelwat beter en kon ek weer sedert April terug gaan werk toe. Die hekeltyd is dus veel minder, maar gedurende etenstyd en teetyd, by die werk word die wolletjies gou uitgepluk. Al die inwoners is al nuuskierig om te sien hoe die suster se projek vorder. Het ook al van die ander personeel aan die haak!
Mooi bly en geniet die hekel reis. Dit is mos altyd 'n uitdaging om iets nuut te probeer.
Dankie Karin dat jy jou inspirerende storie met ons deel.