Saturday, 30 July 2011

75. Merton Abbey Mills

Ek en John was Saterdag op 'n Fact Finding Mission na Merton Abbey Mills se craft market. Die rede vir ons besoek was om te sien of ek 'n stalletjie sal wil hê by hierdie markie. Die antwoord is 'n resounding yes!!!!

Merton Abbey Mills takes part of its name from Merton Priory, one of the most important monasteries of the middle ages, which stood close by and owned much of the surrounding land.

By 1600, textile mills were attracted to the River Wandle. For centuries it was a centre for the manufacture and printing of textiles, and until 1970 was the silk-printing works of the famous Regent Street store Liberty’s.

Left derelict for nearly twenty years it was restored in 1989 as a visitor centre, arts and crafts market and venue for cultural entertainment, since when it has become one of South London’s major regeneration successes with up to half a million visitors a year.



Dis 'n hele crafty, artistic community, met ongeveer 80 stalletjies en permanente arty crafty winkels in die geboue rondom die mark. 


  

Onder andere is die ou "Wheelhouse", waar die watermeul se binnewerke is, nou 'n pottery studio waar hulle klasse ook aanbied. Die beweging van die water draai die potter's wheel!


Daar is ook baie restaurante tussen al die stalletjies, so selfs as mense net kom om te eet, kan hulle verby jou stalletjie stap. Dis amazing exposure en als waarvoor ek kon vra.

Die beste van als, is dat as jy aan die organiseerders kan bewys dat jou items hand gemaak is, is die stalletjie gratis! Gelukkig het baie foto's van hoe ek my horlosies aan mekaar slaan, so dit is nie 'n probleem nie.  John was nog besig om die kar in die garage te trek, toe is ek al voor die rekenaar om my foto'tjies aan die organiseerders te email sodat hulle kan bevestig dat ek kwalifiseer vir 'n gratis stalletjie. Sodra ek bevestiging het, gaan ek my naam op die "casual traders" lysie laat sit en hoop om volgende Sondag my staanplekkie in te neem! Whooo-hoo!

Tot dan werk ek hard aan borsspelde en nog horlosies. Ek is so opgewonde oor die verpakking van die borsspelde! Ek het poskaarte laat maak wat aan die een kant 'n foto het van 'n horlosie, en agterop al my details. Dan druk ek net twee gaatjies in die poskaart vir die speldjie om deur te gaan, en siedaar! Netjiese verpakking en dis 'n advertensie vir my horlosies, All In One Mum! :-)

Needless to say sal julle volgende Maandag weer 'n blog entry kry met al die goeie nuus van my verkope. Tot dan is die fullsteam ahead met die hekelpen.


Friday, 22 July 2011

74. 'n Onderhoud met my!

Ek voel vandag soos 'n celebrity, want Kathryn Vercillo, 'n blogger van San Francisco, het my horlosies op Sarah London se blog gesien en toe 'n onderhoud met met my gedoen. Wat 'n groot eer!!!

Ek sien uit na baie horlosie verkope as gevolg van hierdie fantastiese blootstelling.

Lees die onderhoud hier.


Monday, 18 July 2011

73. Knit Nation 2011

Saterdag het ek Knit Nation 2011  bygewoon. No, I haven't gone over to the dark side, ek hekel steeds, Knit Nation is net die naam vir "a Summer knitting and spinning extravaganza".

Die klem val beslis op brei daar! Daar was 45 klasse oor 3 dae (sien die program hier), aangebied deur groot name in die brei wêreld. Needless to say, het ek nie die klasse mee gemaak nie. Al hoekom ek daar was, was vir The Marketplace vir die wolle. Ongelukkig, nes die Creative Crafts Show event waarheen ek in 2010 was, is dit net mohair, alpacca, hand spinned and hand dyed, merino, die-skaap-in-my-agterplaas wolle. Nie eens een ou bolletjie katoen nie, en als wat daar was, was super duur.








Maar dit was lekker om rond te loop en al die mooi kleure skeins wol te sien. Ek het darem vir my ietsie gekooop: 'n nuwe no. 4 hekel pen (Clover se Soft Touch) en 'n patroon by The Natural Dye Studio. Dis die patroon vir die ligte pienk toppie hieronder. Die 2-ply 100% silk wat hulle voorstel jy gebruik, kos £18.75 per skein (jy het twee skeins nodig) maar ek het net die patroon gekoop. Annerdag as ek moeg is vir horlosies hekel of 'n challenge soek (2 ply!!!!!!) sal ek dit aanpak. Maar ek moet sê 100% silk voel amaaaaazing! Dit hang ongelooflik mooi en is so sag!



Hierdie is die 2 ply silk skeins. Absoluut amazingly mooi!


 

As julle my crochetime Facebook page volg, sou julle my status update gesien het waarin ek sê dat ek by Knit Nation was met my blou-pers floating wrap net sodat ek die haakers se naam kan hoog hou. Mense, ek het! Met die aanmeld by die registration desk het 'n vrou op my afgepeil en ge oe en ge aaah oor my wrap. Sy is 'n breier, maar wou weet waar ek die patroon kry want sy het 'n vriendin wat hekel vir wie sy gaan vra om vir haar ook een te hekel. Ek het die vrou later nog 2 keer in The Marketplace raakgekloop en elke keer het sy uit gefreak. Turns out sy woon in Swede en deel haar woonstel met 'n Suid-Afrikaner! Freaky! Sy is die funky girl met die groen tjalie in die foto hieronder.  En haar vriendin, 'n Amerikaner wat ook in Swede woon het gedink ek is Frans! Oooh la-la!


Dit was super duper lekker om so baie aandag te kry met my gehekelde wrap. Amper al die stalletjie eienaars het my aangegluur. Ek weet they liked what the saw, maar heaven forbid hulle sal sê dis mooi. Julle weet mos daai kyke wat mense gee as mense eintlik jaloers is.... Ek het gestraal van lekkerte, en sommer twee keer verby al die stalletjies gestap net om ekstra af te show Hehehehehe.

Hookers rock!


Thursday, 7 July 2011

72. crocheTime update

Middag almal!

Dis 7 Julie en veronderstel om die middel van Somer te wees hier, maar ek dink dit lyk vandag seker nes dit lyk in die Kaap: koud en nat. Dankie tog vir helder wolle om mens se dag op te kikker of hoe!

Ek wil net vandag 'n vinnige blog doen en dankie sê vir almal wat my crocheTime page  op Facebook gelike het. Daar is al 70 van julle! Baie baie dankie!

Die afgelope twee weke was so 'n blast en 'n blessing vir my! Die heel eerste horlosie wat ek verkoop het, is gekoop deur die eienaar van 'n wolwinkel in Copenhagen om in haar wolwinkel te hang! Die tweede horlosie, wat aan 'n vrou in Engeland verkoop is, was ook 'n hit maar dit het ek met 'n ompad uitgevind. Dawn van AudreysCat  het vir my 'n boodskap op Folksy  gestuur om te sê sy en haar vriendinne het op Twitter gepraat van my horlosies en hulle hou vreeslik baie daarvan. Jy kon my omslaan met 'n veer. Ek is nie eens op Twitter nie! Vandag sien ek dat AudreyCat gefeature is op Folksy se blog  en ek stuur toe vir Dawn 'n boodskap om haar geluk te wens. Sy email terug om te sê:
Did you know the buyer of your clock was so thrilled she tweeted me a picture of it when it arrived! it was really lovely - she was delighted!
Hoe cool is dit?

Ek was ook uitgenooi deur die voorsitter van Surbiton se WI (dis die Britse weergawe van die ACVV) om 'n stalletjie te hê by hulle kersfees mark!
...products have been carefully chosen, mostly by me, to ensure they are a high standard and good variety of items for sale.
So dis net so 'n groot eer! Die markie is die 19de November. Ek beplan ook om 'n stalletjie te hê by die Surbiton Festival in September. September is glad nie vêr nie so ek het 'n properse inventory list gemaak en werk nou hard aan my voorraad vir die September markie. Vir eers gaan ek nie nog horlosies op my Etsy winkel laai nie, maar ek sal foto's sit van die markie-horlosies op Facebook.

Ilze van By Elizabeth Cat  het ongelukkig nog nie haar horlosie ontvang nie (pos na Latvia vat duidelik baie lank!) maar ek is seker dat wanneer sy dit het, sy weer daaroor sal blog. Sy het darem al na die foto daarvan gaan kyk op Etsy en dit ge-favourite, so sy hou van wat sy sien.

Al hierdie wonderlike dinge is, wel, wonderlik en dis so nice om recognition te kry vir iets wat ek geniet om te maak. Dit was ook nogal vir my en manlief 'n groot ding om die terugvoering te kry van mense wanneer hul hul horlosies ontvang het. Dis een ding vir my om te dink die horlosie is mooi, en mense om te hou van die foto's, maar dis baie belangrik dat mense daarvan moet hou as hulle met dit in hul hande staan of dit op die muur hang. Dankie tog sovêr is dit 'n hit :)

Ek het vanoggend besluit dat ek nou net die hekel en maak van horlosies moet geniet. Mens kan so maklik "bogged down" raak met al die listings op online winkels, en Facebook updates ens. dat dit meer soos werk begin raak. En dit wil ons tog nie hê nie. Ek is dus nou Easy Peasy Light and Breezy oor crocheTime en geniet net die creative process. Dis tog in elk geval wanneer mens jou instink volg en nie gestres is, wat jy jou mooiste dinge create.

Op daardie nooit wens ek julle almal 'n vreeeeslike kreatiewe dag toe. Dit is al Donderdag, wat beteken môre is Vrydag en in die King huis is Vrydag al die begin van die naweek, so ek wens julle sommer 'n kreatiewe naweek ook toe

Sunday, 26 June 2011

71. Van lap tot kussing

'n Paar maande gelede het ek 'n oulike patroon gesien in 'n boek. Ek kan nou glad nie die boek se naam onthou nie, en daar was net een patroon waarvan ek gehou het, so ek het nie die boek gekoop nie. Die boek het gewys hoe jy 'n stoel kussing kan hekel met materiaal. Genius! Dis net 'n vierkant, so dis vrek maklik. Maar die lekker deel is dat jy materiaal gebruik!

Tegnies gesproke is jy veronderstel om ou t-shirts te "recycle" deur dit op te knip en te gebruik as wol, maar ek dra my t-shirts tot hulle voos is, so ek het lap gaan koop. Die lekkerte van die lap wat ek gekies het, is dat ek 'n strepies is so ek knip die stroke vir die wol net al langs die strepe langs!

Hier is 'n baie oulike tutorial vir hoe om 'n t-shirt in wol te omskep: http://www.craftpassion.com/2009/05/recycle-tutorial-making-of-t-shirt-yarn.html My tegniek was egter 'n kombinasie van daai een en die een: http://www.craftstylish.com/item/4721/how-to-crochet-with-fabric


Vir die hekel van die kussings het ek 'n no. 10 pen en double crochet (langbeen) steke gebruik. Vir ons patiostoele, moes ek 33 kettingstekies maak, en dit het 18 rye se dc geverg. Easy peasy en so oulik!


Al wat toe oorbly is om die satyn lint vas te sit en siedaar! 'n Gele vir my en 'n bloue vir John. My 2m lap was net mooi genoeg vir die twee stoele. 


Ek sal anderdag (wanneer ek nie horlosies het om te hekel nie) weer van die materiaal koop en dan die ander twee kussings hekel, met pienk en oranje linte natuurlik.

Gepraat van horlosies..... hier is die link na die Facebook Page vir my horlosie besigheidjie: www.facebook.com/crochetime. As 'n special treat, het ek 'n 20% afslag kode create net vir lede van die Page. Ek sal die kode Dinsdagaand 8 uur UK tyd (9 uur SA tyd) vir al die lede van die Page email. So as jy 20% afslag wil hê, Like die page voor Dinsdagaand, en ek sal dit vir jou email! Posgeld na SA is £7, maar 20% afslag op 'n horlosie is £6, so dis sotesê free postage!

En as jy nog nie 'n lid is van die Ons Hekel Facebook Page nie, hier is die link soontoe ook: www.facebook.com/onshekel. Daar is al 99 lede! Kom haak saam, ons is 'n baie oulike klomp girls.

Friday, 17 June 2011

70. Dis hekel tyd!

Ek wil julle graag voorstel aan my online winkeltjie wat ek verlede maand begin het. Dis nogal 'n groot ding vir my want ek is nie vreeslik "business minded" nie so om uit te gaan en myself aan julle te "promote" is heeltemal buite my gemaksone. So here goes.

Ek en my man maak gehekelde horlosies. Die horlosies het onstaan as my inskrywing vir Idees tydskrif se Kreatiwiteit 2011 kompetisie (hou duim vas!) Na ek die inskrywing horlosie gemaak het, toe dog ek flippit ek kan dit mos verkoop, en daar onstaan die Etsy winkeltjie toe. 


Die horlosies is 24cm in diameter en het almal wit gesigte met silver horlosie handjies. Die funky deel is dat 3, 6, 9 en 12 met gehekelde sirkels, blomme of granny squares aangedui word en die res van die syfers met knopies. Ek geniet dit vreeeeslik om hulle te maak. My man is net so opgewonde en kan nie wag dat ek gou genoeg 'n gesig klaar hekel sodat hy die gluegun kan gryp nie en sy manlike bydra kan lewer nie.

Ek is op Etsy, maar niemand het nog ietsie gekoop nie :( Ek kry vreeslik baie mense wat die horlosies "favourite" en twee van hulle is al elk twee keer gekies vir Treasury Lists, maar helaas niemand koop nie.

Nou verkoop ek ook blom borsspelde in die hoop dat as ek kleiner, goedkoper goedjies verkoop mense sal begin "feedback" los en dan eventually sal die horlosies ook begin verkoop.

Ek sal ook "custom orders" doen waar kopers die kleur van die 3,6,9, en 12 blom/sirkel/granny square, en die randjie van die horlosie self kan kies. 

Etsy is so 'n vreeslike groot "online marketplace" dat winkeltjies maklik weg kan raak tussen al die ander sukesvolle winkels, en ek wil so graag 'n sukses maak hiervan dat ek nou vir al my blog lesers vertel van die winkel. Just to spread the word. No pressure om te koop. Regtig! Maar indien iemand ietsie wil koop - ek pos wêreldwyd, en het nog 'n FNB bankrekening so as jy nie met Paypal wil betaal nie, kan jy 'n oorplasing na FNB maak.

Ek het 'n Facebook Page ook vir die winkeltjie. Soek maar net vir "CrocheTime". Binne daai bladsy is daar ook 'n link na My Etsy.

Die direkte link na die winkel is: http://www.crochetime.etsy.com/

Ek belowe ek gaan nie my horlosies aan julle afsmeer nie, maar ek sal mos stupid wees as ek nie al my lesers vertel van my besigheidjie nie. Julle verstaan mos :) Die droom is om eendag voltyds met hekeldinge besig te wees - to quit my day job - so blog entry no.70 is die eerste stappie.



Sien http://ekhekel.blogspot.com/2011/08/76-kopiereg.html vir kopiereg informasie.

Thursday, 16 June 2011

69. Kan jy doilies hekel?

Ek wil julle vandag vertel van 'n kompetisie waarvoor julle kan inskryf. Iemand ('n man nogals) het my in Meimaand op Facebook gekontak en vertel van Orania se melkbekerdoilie kompetisie. Hy was besig om op Google te search vir iets en kom toe per toeval om die blog af. Met Orania se doiliekompetisie in sy agterkom, kontak hy my toe en stel voor ek skryf in.

Ek was dadelik baie begeesterd, en het selfs toestemming by die organiseerders gevra of ek, as iemand wat in Engeland woon, mag inskryf en hulle het ja gesê.

Tjoef-tjaf gaan soek ek vir no.8 hekelgare op die internet en koop nogal 'n wit en blou bolletjie. Kry ook 'n vintage patroon vir 'n oulike doilie en als. En daar daag die garetjies op..... Ek val omtrent op my rug want dit lyk soos spinnekop web draadjies! Ek kan netsowel 'n tol gewone gare gebruik! Nee jislaaik dis hopeloos te dun vir my. My kleinste hekelpen het sulke groot kettingstekies gemaak met die dunne draadjie.

Dadelik besef ek dat
  1. doilie hekel nie vir kinders is nie;
  2. my oumagrootjie bleddie goed kon hekel want sy het doilies gehekel sonder 'n patroon; 
  3. as ek weer by my Ma se huis is gaan ek in die donkerhout kis soek vir 'n doilie wat Aggie gehekel het en saambring Engeland toe; en
  4. ek gaan eerder nie inskryf nie want ek gaan my dood sukkel. Los die doilies vir die mense wat weet.

So, in lig hiervan, vertel ek vir julle van die kompetisie ingeval daar blog lesers is daarbuite wat kan doilies hekel.

Hier is 'n skakel na Orania se website met al die reëls oor die kompetisie:  http://www.orania.co.za/melkbekerdoiliekompetisie/

Eerste prys is R2000! Dit sal fabulous wees as een van my blog lesers die kompetisie wen!!!


LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...