So dames, daar is nou 'n kuberspasie om jul hekelwerk af te show deur dit op die Wall te sit met 'n fototjie by, julle kan vrae vra, links na patrone of ander oulike hekel website uitruil, as jy weet van 'n wolwinkel met 'n lekker uitverkoping kan jy ander daarvan vertel, ons kan 'n Swap of a Crochet-along begin - the possibilities are endless!!!!!
Tussen my en Christelle gaan ons ook kyk of die Idees, Leef en Sarie tydskrif pages Ons Hekel sal "Like".
Die Afrikaanse haakertjies gaan Facebook op horings neem!
Lekker! Die nuwe foto lyk baie mooi.
ReplyDeleteMag dit net van 'n kettingstekie tot 'n magtige deken groei! Briljante idee, maar wat kan mens anders van die hedendaagse Afrikaanssprekende dame,met vlytige vingers, verwag?! Voorwaarts, haak daai wol, trek deur en smaak die vreugde! ;-)
ReplyDelete