Die mooiste handsak in the history of all mankind is Sondagmiddag in die King huis klaar gemaak. Mense, ek kan julle nie sê hoe happy daai sak my maak nie.
Volgens my blog van 13 Februarie sou ek mos die sak vir my ma se kwilt buddie gecourier het, maar Johan het my oorreed dat dit nie so moeilik kan wees om 'n lining in te sit nie, en met sy hulp sou ons dit self kon doen. Jissie julle, my man is amazing! Hy het my Saterdagmiddag vir 4 ure lank bygestaan. Die sak is 'n total team effort. Maar wag, ek loop dinge vooruit. Ek sal julle nou mooi stap vir stap vertel wat ons gedoen het.
Johan was mos oortuig dit kan nie so moeilik wees om 'n zip in te sit nie, so verlede week gaan soek hy toe op YouTube vir 'n video en ons kry een! Terwyl ons al die video's so saam kyk, sê hy elke nou "verstaan jy wat sy sê?" of "sal dit werk vir jou sak?" :-) Op die ou end het ons
hierdie video gebruik.
Hier is al die goeters wat ek nodig het vir die lining. Die wit goed aan die linkerkant is "plastic canvas" wat ons in die bodem van die sak gesit het om te keer dat die bodem "uitsak".
Die eerste stap was om my klaar sak te meet sodat ons kon uitwerk hoe groot stuk lap om te knip.
Ek het 'n patroon gehad, maar my sak was kleiner as die patroon s'n so ons moes al die lining afmetings aanpas. Hier was Johan totally sy goud werd - ek en syfers is nie maats nie en ons het baie amper 'n fokapie gehad toe ek vir Johan begin syfers aflees om bymekaar te tel!
Ons het die zip in sit gehou vir laaste, want ek wou nog ekstra sakkies aan die binnekant van die lining maak ('n vrou se handsak kan nie net 'n groot gat wees nie - ek sal nooit my huis sleutels vind as dit nie in sy eie sakkie is nie!)
(Die blou handdoek is om die rekenaarskerm te beskerm teen Tassie.)
Ons het die plastic canvas met "handbag feet" aan die bodem van die sak vasgemaak. Die handbag feet lyk nie net nice nie, maar sonder dit sou die plastic canvas kon rondskuif so dit was 'n baie slim kopie.
Noudat al die initial stikwerk gedoen is, was dit tyd vir die zip. Ek en Johan het al die afmetings gecheck en ge double check want as die zip in die verkeerde plek vas gestik word, is die hele sak 'n fokapie. Johan het my sooo mooi kalm gehou. As ek stres slaan my kop mos toe julle weet...
Do you see the forced, nervous smile?:
Die video sê dat jy cellotape moet plak aan die regte kant van die zip sodat jy dit as 'n stitching guide kan gebruik. Vreeslike slim idee! Ons besluit toe dat ek net 'n paar milimeter BINNE die cellotap sal stik om seker te maak ek "vang" die zip aan die onderkant. Dit was goed ons het, want die zip sit baie mooi, maar dit was 'n "bliksem" (soos Johan gesê het) om daai cellotape weer af te trek! Dit was gelukkig die enigste issue met die zip in sit. Dit was in fact 'n reuse sukses! As jy van bo af na die sak kyk kan jy glad nie die tandjies van die zip sien nie!!!!
Met die (perfekte) zip in, kon ons die sye vasstik. Die cool ding is dat mens die lining kan "box" deur dwars oor al vier hoeke van die lining te stik, so dan vorm jou lining 'n perfekte boksie wat binne die boks van die hekelwerk pas! En Johan being Johan, moes die nate natuurlik almal oplyn :)
Al wat toe oorbly is om die handvatsels vas te stik en die hekelwerk
met my hand aan die lining vas te werk.
Ek is vreeslik trots op my handsak, en die beste van als is dat ek en Johan saam daaraan gewerk het, so elke keer wanneer ek die zip ooptrek, sal ek dink aan die dag toe ons saam voor die naaimasjien gesit het.
En hier is hy nou: die most beautiful handsak in die wêreld - even if I have to say so myself.
As jy kliek op foto van bo sal jy die handgemaakde stekies sien wat die lining aan die hekelwerk vashou.
P.S. Die patroon vir die sak het verskyn in 'n Amerikaanse hekeltydskrif, Interweave Crochet - Spring 2007, maar die blokke se ontwerp, genaamd Willow, kom uit 'n boek "200 Crochet Blocks" deur Jan Eaton. Ek het 'n link na die boek op die "Hekelpatrone wat ek al gebruik het" tab.