Thursday, 27 August 2009

3. 'n Hakerige storie

Julle, hierdie hekel ding ruk nou hand uit. Dit maak nou glad dat ek Woensdag aande tot 8 uur op straat is. Ek bevind my vir 2 ure na werk omring deur 30 vrouens, bolle wol, breipenne, hekelnaalde en glase wyn. En verlede week het dit als plaasgevind op die sypaadjie ook nog: I was litterly hooking on the street. Welkom by die duistere wêreld van 'n Knitting Club met 'n drank lisensie! Hehehehehe. Voor julle nou my naam op die gebedsversoeke lysie sit laat ek verduidelik.

Ek het verlede week vir die eerste keer die Knitting Club bygewoon. Dit word gehou in 'n wolwinkeltjie naby Waterloo stasie. Jy daag maar net op so rondom 6 uur, gryp 'n stoel en gaan sit en hekel of brei. As jy wil kan jy 'n glasie wyn of bier koop om te help relax (dit help ook dat jy nie te veel worry as jy 'n steek laat val nie). En dis dit. Al die vrouens sit maar net so rond en chat en brei.

Verlede Woensdag was 'n heerlike sonnige dag so daar was drie tafeltjies buite die winkel, op die sypaadjie waar ons gesit het. Dit was mos my eerste keer daar so die eienaar van die winkel het my sommer dadelik aan iemand voorgestel en ek is saam met die girl na buite. Dit was heerlik om buite te sit en hekel. Mense stap verby, stop en staar, ander ignoreer ons heeltemal maar ons brei en hekel net voort. Ek het regtig seker net twee sinne gepraat die hele tyd wat ek daar gesit het. Het maar net rustig die kat uit die boom gekyk. Frankly het ek nie vreeslik baie gehou van die tipe mense om die tafel nie. Hulle was bietjie afshowerig en wil net mekaar impress. Daar was ook nie veel gebrei nie.

Nou kyk, ek worry regtig nie of jou wol 100% wol is, of dit sydraadjies in het, of dit gekleur is met beet of met rooi sintetiese kleursel nie. En as wol vir my mooi is sal ek dit koop - agrylic oftenot. En ek stel nie belang daarin dat jy jou wol in Florence gekoop het nie (veral nie as jy nie kan sê watter maak van wol dit is nie want jy het dit gekoop sonder die "label" wat dus vir my laat dink jy het dit by die R10 winkel weergawe van Florence gekoop). Ek het die girls (hulle is almal vroeeë 30's / laat 20's) maar net so gekyk en geluister en vir myself gesê volgende week kom ek weer, maar dan soek ek 'n ander tafel om by te sit.

En dis toe presies wat ek gisteraand gedoen het. En wat 'n verskil!!! Die vier afshowerige girls was weer gisteraand daar maar hulle het in 'n hoek op hul eie gesit en ge chierrie-chierrie. Ja mense, daar is selfs klieks in die wol wêreld!

Ek het deur die loop van die aand met drie mense gepraat, en dit was al drie van hulle se eerste keer daar. (Wonder of hulle ook vandag blog en vertel van 'n hekelende Suid-Afrikaner by die Knitting Group). Ek was die enigste een daar wat hekel. Dit was nogal nice want niemand kon kyk na my en dink ek weet nie wat ek doen nie, want ek is al een wat dit doen! Ek was die beste hekelaar daar :-)

Een van die vrouens het "lace knitting" gedoen. Sjoe dis fyn werk daai! Die breipen is verskriklik dun en die wol net so dun en dit lyk of sy vir eeeewig brei voor die dingetjie langer word. 'n Ander meisie brei met Tesco plastieksakke wat sy in stroke gesny het! Mens noem dit plarn (PLastic YARn)! Sy sê sy sal nie aanraai mens brei 'n trui nie want dis bietjie krapperig, so sy maak 'n handsakkie. Sy is die een aan die linkerkant:


Hier's nog twee skelm geneemde foto'tjies:


Twee ander vrouens wat naby my gesit het, het sokkies gebrei en hulle doen dit met vier double ended knitting needles. Ja vier! Dis amazing.

Julle sal my nie glo as ek julle nie wys hoe die vier pen storie lyk nie, so hier is 'n foto van google af:

Op een stadium het die een vrou met net drie penne gebrei en sy kon nie uitfigure hoe sy dit reg gekry het nie. Binne 'n minuut het iemand langs haar vir haar gewys hoe om die vierde pen weer in te brei. Sommer so tjoef-tjaf het sy weer vier penne (en hier sit ek met een hekelpen… maar ek het darem sewe bolle wol so dit tel darem seker vir iets). Die tweede girl wat sokkies gebrei het, is 'n Sielkunde student. Sy het eintlik die Space Invader sokkies begin brei vir haar kêrel, maar hulle het aan die begin van die week opgebreek so nou hou sy die sokkies vir haarself. Good for you! Sy was nou besig met die regterkant se sokkie soos in die foto hieronder. Dis vreeslik intricate stuff.


Mens hoor ook die snaakste stukkies van gesprekke as jy so sit om 'n tafel met 30 mense. Daar was 'n man wat gepraat het oor hoe gefrustreerd hy is met een van die karakters in sy BBC Radio 1 storie. En vroeg in die aand hoor ek "I hate the yellow. I can't stand the yellow!" Dit van 'n vrou wat 2 rye geel in die eerste 5 cm van 'n trui ingebrei het. Die trui is nou al 30cm lank en sy wil als uittrek sodat sy daai twee onderste rytjies geel kan verander. Almal wat om haar gesit het was vreeslik upset met haar "No you can't! Look at all the work you've done! Live with it!". Dit is duidelik 'n tragedy of epic proportions as jy iets wil uittrek. Halfpad deur die aand hoor ek haar weer "I will not let a stupid stocking stitch jumper get the better of me. I will not!" Ek neem aan sy het maar besluit om te leef met die geel streep…….. Of sy het nog 'n glasie wyn gehad en worry nou net nie meer nie.

Op pad huis toe in die trein het ek sommer verder gehekel. Ek het dan nou al my goedjies by my so die temptasie was net te groot.

Van nou af sal ek elke Woensdagaand agter Waterloostasie wees met my hekelpen en bolle wol. Die opwindende lewe van 'n hakertjie!


Sunday, 23 August 2009

2. My Sondagmiddag

Ek het "Millet fruit and nut cookies with honey and cinnamon" gebak (ek het "millet" nageslaan in my Afrikaans-Engels woordeboek maar dit verskyn nie daar nie so ek weet nie wat mens dit in Afrikaans noem nie):


Ons het rivier toe gestap, onder die bome gesit en die bote en fietsryers dopgehou. Ek het 'n Hello! tydskrif gelees, Johan het iPod geluister en ons het koekies geëet:

En ek het die middelste deel van die eerste kussing klaar aanmekaar gewerk en twee van die groot granny squares gehekel:


Kan elke dag nie maar so rustige soos 'n Sondag wees nie?

Tuesday, 18 August 2009

1. Ek's n hakertjie!

Ek het Saterdag 'n stokperdjie gevind wat my brein besig hou, my vingers laat kramp (op 'n goeie manier), my liefde vir kleur omskep in praktiese huisware, en my binneste laat kriewel van lekkerkry: hekel!!! Ek is totaal en al verslaaf daaraan. Regtig! Ek drink net halwe bekers tee want dit raak koud op die tafeltjie langs my, ek het heel naweek lank nie een keer die TV aangeskakel nie, ek moet alarms op my selfoon maak sodat ek kan onthou om te begin met aandete, en dit als net omdat ek besig is om te speel met stringetjies wol en 'n hekelpen.

Ek het verlede jaar ook 'n bevlieging gekry om te hekel. Ek het 'n bolletjie groen (hoe dan nou anders) wol en 'n hekelpen gekoop en probeer blommetjies hekel. Ek het op die internet gesoek na patrone en op YouTube bietjie gekyk maar ek kon net nie "in" die ding kom nie, so toe los ek dit maar. Wrote it off as a bad idea .

Verlede week stuur my ma toe vir my foto's van hexagonetjies wat sy gehekel het. Dis beautifull! Maar sy het ook maar eers noudie dag geleer hekel en ek dink dis wat hierdie keer die verskil gemaak het aan my lus vir hekel. As my ma, wat verskriklik goed kan brei, kwilt, weef en appliek ook 'n lessie of twee nodig gehad het vir hekel, dan is dit okay as ek ook nie die eerste keer wat ek probeer, 'n blommetjie kan hekel nie!

Saterdag neem ek toe vir my 'n boek met 30 serp en handsak hekelpatrone by die biblioteek uit. Die boek wys jou ook, met baie oulike prentjies, hoe om al die steke te maak. Uit al 30 patrone staan die twee Granny Square patrone my die meeste aan. Die koeël is toe amptelik deur die kerk. Die kalf in die put en Natasja word hekelmal! Ons het gaan uiteet, maar al waaraan ek kan dink is hekel. Johan sluit nog die garage deur toe, en ek grawe al in die kas vir die bolletjie groen wol van maande gelede (en klop myself op die skouer dat ek hom gebêre het).

Teen Sondag het ek twee groen Granny Squares klaar gehekel, en die hele proses het met elke hakie net makliker en vinniger gebeur. Ek het mos net een ou bolletjie wol gehad so die vierkante lyk maar boring so op hulle eie. But fear not!

Maandag is ek vroeg oggend winkel toe (ek het gelukkig die dag af gehad) om nog wol te gaan koop. Teen die tyd het ek al besluit wat ek wil hekel: twee kussings vir ons blou-beige-bruin slaapkamer. Maar seriously now, blou, beige en bruin is darem te boring so ek jazz toe die kleurskema op met pienk en groen. Ek sal mos nooit rustig kan slaap as ek weet ek het die kans gehad om die kamer op te jazz, en dan net by die 3 B's gehou nie!



Die sewe nuwe kleur is gekoop om by mekaar te pas, maar ek kan dit nie oor my hart kry om my eerste twee ou groen vierkantjies sommer net weg te gooi nie, so hulle gaan die middelpunt (letterlik) van my nuwe kussings word, met 'n twist natuurlik - ek sal julle nog wys. Maar vir eers, hekel ek klein Granny Squares om al om die groen blok te lê. Sodra ek weet hoe groot my kussing gaan wees, gaan ek groter Granny Squares (met baie meer kleure dus - YEAH!!!) reg rondom sit. En dan moet ek nog dink wat om te doen vir die agterkant van altwee kussings. Oe, the possiblities are endless!




Ek dink, nee, ek weet, ek sal nie kan stop by twee kussings nie…. ek sien 'n kombersie kom.

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...